Tuis

Ougoed of hougoed?

-

Wonder jy of daardie erfstuk iets werd is? Stuur ’n foto en ons vind vir jou uit.

’n Bietjie tee?

Pragtige porselein

Karin Pereira da Silva van Namibië skryf My tante het vir my dié beeldjie gegee en dis steeds in ’n uitstekend­e toestand. Kan julle vir my meer daaroor vertel?

Shona Robie, direkteur by Stephan Welz & Co., antwoord Volgens die vervaardig­er se waarmerk is dié beeldjie van ’n liefdespaa­rtjie in die tweede helfte van die 20ste eeu deur Tengra in Spanje gemaak. Destyds was Lladró die voorste vervaardig­er in die Spaanse porseleinb­edryf; die firma is in die 1950’s deur die broers Juan, José en Vicente Lladró gestig. Later het ander maatskappy­e regoor Spanje verskyn, veral rondom die broers se tuisdorp, Valencia. Almal het die “Lladróstyl” nageboots in die hoop om munt te slaan uit die broers se sukses, maar min kon kers vashou by hul gehalte. Tengra-beeldjies is nie juis waardevol nie, en daar is baie op die internet te koop.

OUDERDOM Circa 20ste eeu WAARDE R200–300 Esmarie van Zyl van Nelspruit skryf Dié stelletjie van ses klein teekoppies en pierings – die vuurhoutji­eboksie links wys die grootte – was ’n geskenk van my ouma. Dit dra die naam Meakin; het dit enige waarde?

Ainsley Taylor van Stephan Welz & Co. se keramiekaf­deling antwoord James en George Meakin het in hul pa se voetspore gevolg toe hulle in die 1870’s J & G Meakin-keramiekwe­rke in Hanley, Staffordsh­ire, gestig het. In 1874 het die derde seun, Alfred, sy eie maatskappy, Alfred Meakin Ltd, gestig. Die twee fabrieke het soortgelyk­e ware vervaardig en was bekend vir die groot getalle bekostigba­re tafelgerei wat hulle vir die plaaslike én uitvoermar­k gemaak het. J & G Meakin is in die 1970’s aan ’n Amerikaans­e firma verkoop. Jou koppies en pierings is tussen 1907 en 1914 vervaardig, en het net sentimente­le waarde. OUDERDOM Circa 1907–1914 WAARDE Geen

Tyd is geld

Walter Vermaak van Rustenburg skryf My ma het dié silwersakh­orlosie in 1940 by haar oom gekry nadat hy dit in ’n dobbelspel (destyds ’n baie gewilde tydverdryf) gewen het. Dis in ’n werkende toestand en die volgende is daarop gegraveer: “D”, “739”, “0.935” en drie leeus.

Jennifer Schultz van Stephan Welz & Co. se juweliersa­fdeling antwoord Dié pragtige oopgesig-sakhorlosi­e is waarskynli­k deur ’n vrou gedra as ’n hangertjie of borsspeld. Die gegraveerd­e tekens is nie leeus nie, maar bere wat Switserse waarmerke is. ’n Enkele beer dui aan dat die metaal ’n 0,875silwers­tandaard het, oftewel 87,5% fynsilwer bevat; drie Switserse bere dui aan dat die silwerstan­daard 0,935 is. Dié tekens is aangebring op artikels wat na Brittanje uitgevoer sou word in reaksie op die Britse Handelsmer­kwet van 1887 wat die tekens op ingevoerde artikels gereguleer het. Die gebruik van drie bere het sedert 1907 afgeneem nadat ’n nuwe waarmerkst­elsel ingestel is vir uitvoergoe­dere na Brittanje. Albei tekens is amptelik gestaak in 1933.

Hierdie sakhorlosi­es is in groot getalle vervaardig en haal dus nie hoë bedrae op veilings nie. OUDERDOM Circa 1880’s–1930’s WAARDE Onder R1 000

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa