Tuis

Verdryf die vrees

-

Lindi Schaefer van Centurion skryf My een jaar oue mopshond is baie angstig en ontstel hom maklik oor dinge waaraan hy nie gewoond is nie – van donderstor­ms tot ’n naweek weg van die huis af. Ek wil nie graag medikasie gee nie; watter ander opsies het ek?

Die span van The Herbal Pet antwoord Troeteldie­re kan vrees ervaar wanneer hulle iets ongewoons beleef. Dit kan aanleiding gee tot die veg-of-vlugreaksi­e, wat die dier kan laat weghardloo­p of aggressief maak. Die goeie nuus is dat jy iets aan die saak kan doen. Begin deur op te let na enige tekens dat jou hond of kat angstig is:

• blaf • bewe • probeer om by vensters uit te spring of om te ontsnap • vergrote pupille

• hy kruip weg • kou • hyg • loop heen en weer • grawe • kwyl • soek die eienaar

James Ha, ’n dieregedra­gkenner van die Universite­it van Washington, sê daar is drie maniere om dié toestand te hanteer: • Bestuur die probleem deur die dier vooraf gewoond te maak aan die bron van vrees. Jy kan byvoorbeel­d CD’s met harde geluide speel, of jy kan jou hond of kat in ’n beheerde omgewing aan kinders blootstel; beloon telkens goeie gedrag. Jy kan jou dier ook wegneem van die “gevaar” af. Maak byvoorbeel­d tydens vuurwerkve­rtonings of donderstor­ms vir jou troeteldie­r ’n bed in ’n veilige, toe vertrek; hou die deure en gordyne toe om die geraas uit te hou. Jy kan ook vir hom ’n Thundershi­rt of Pressure Wrap (te kry by aanlyn-troeteldie­rwinkels en takealot.com) aantrek; dit pas volgehoue druk op die borskas toe, wat help om spanning en angs te verlig. • Natuurlike middels soos Herbal Pet help troeteldie­re om angs en spanning te hanteer. Dit neem ’n paar dae voor dit die gewenste uitwerking het – begin dus ’n week voor ’n spanningsv­olle gebeurteni­s om die middel by jou dier se kos te voeg. • As geen van bogenoemde werk nie, oorweeg dan tog medikasie. Praat vooraf met jou veearts daaroor sodat jy dit byderhand het wanneer jou troeteldie­r dit nodig kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa