Tuis

Spaar die kamelia

-

Marie Nel van Ermelo skryf Ek het ’n verwaarloo­sde kamelia in my tuin wat heeltemal te groot geword het en ander struike rondom hom verdruk, maar ek wil hom nie graag uithaal nie. Van die kenners sê sny hom baie hard terug, maar dan gaan daar net kaal takke oorbly, met min teken van botsels. Sal hy weer uitloop as ek hom snoei en wanneer sou die regte tyd wees om dit te doen? Ek wil darem nou ook nie moord pleeg nie!

JJ antwoord Tensy jy in die warmer tropiese gebiede bly, waar so te sê enigiets weer sal teruggroei nadat jy dit gesny het, moet ’n mens met groot omsigtighe­id te werk gaan. Ek sou nie alles met een slag wegsnoei nie. Snoei eerder die een helfte van die plant met sowat 50% terug, wag vir nuwe groei en herhaal dan met die ander helfte. Doen dit gedurende die somer (nie wanneer die koue winter voorlê nie) en seël die snoeipunte met Steriseal of Prune Seal.

Laat staan maar

Chris Otto van Napier skryf Tydens die jaarvergad­ering van ons deeltitels­kema het die peperboom op die terrein ter sprake gekom. Die eienaars is bekommerd dat die wortels onder die geboue sal inloop en skade veroorsaak. Wat kan ons doen sonder om die boom, wat al baie oud is, te verloor?

JJ antwoord Jy kan jul boom se wortels afkap, maar nie korter as 5 m nie. Die wortels van die peperboom ( Schinus molle) groei nie gewoonlik dieper as 600 mm nie, wat beteken dat hulle nie onder ’n fondasie sal ingroei nie. So, as die fondasies van jul geboue op die regte diepte is en die boom verder as 5 m van die geboue af is, het julle geen rede tot kommer nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa