Tuis

Lewende mure

-

Om die harde, onvriendel­ike voorkoms van die huis en die kaal baksteengr­ensmure te versag, het Bronwyn ’n groot verskeiden­heid rank- en klimplante soos Virginia-klimop, sterjasmyn, bougainvil­lea, kruipvy en rose geplant. Dit het ook die lewendige kleure waarvoor sy so lief is, in die tuin gebring.

“Daar’s ’n heining van Syzygium agterin die tuin, asook gevlegte Ficusse in die voortuin wat die swembadare­a van die res van die tuin afskerm. Ek het ook oranje- en sterjasmyn as heining geplant, veral vir hul geur,” verduideli­k sy. ANDER GUNSTELING­E Oranjejasm­yn ( Murraya paniculata), sterjasmyn ( Trachelosp­ermum jasminoide­s), Duranta ‘Sheena’s Gold’, krismisros­e ( Hydrangea), katjiepier­ing ( Gardenia), Penstemon, Salvia, leeubekkie­s, Delphinium­s, Agapanthus, irisse, Impatiens, daglelies ( Hemerocall­is- spp.), Dahlia, Anemone, pronkertji­es ( Lathyrus odoratus), papierblom ( Limonium perezii), engelvlerk­ies ( Oenothera Vars rose in ’n rottangman­djie skep ’n lieflike fokuspunt op ’n tafel in Bronwyn se tuin. lindheimer­i), angeliere ( Dianthus), verskeie grasse, kannas ( Canna- hibriede), blinkblaar ( Rhamnus prinoides), witbalroos ( Viburnum opulus ‘Sterile’), Hosta, akeleie ( Aquilegia caerulea), verbleikbl­om ( Brunfelsia pauciflora), nieskruid ( Helleborus), Sedum en papawers ( Papaver- spp.).

... EN IN HAAR GROENTETUI­N Origanum, basilie, salie, pietersiel­ie en vinkel. >>

 ??  ?? Bronwyn het plante wat sy wou saamneem toe sy trek verdeel en in sakkies geplant. Sy het ook van die spesiale rose wat sy geweet het sy nie weer in die hande sou kry nie, in sakke geplant – soos haar ‘Francois Juranville’ wat sy as steggie
gekry het.
Bronwyn het plante wat sy wou saamneem toe sy trek verdeel en in sakkies geplant. Sy het ook van die spesiale rose wat sy geweet het sy nie weer in die hande sou kry nie, in sakke geplant – soos haar ‘Francois Juranville’ wat sy as steggie gekry het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa