Tuis

Bo of onder?

-

As jy ’n spuitstels­el kies is pype bo die grond aanvanklik minder werk, maar dit lyk lelik en die pype sal met verloop van tyd skade kry weens blootstell­ing aan die son. Maar ten minste kan jy dit sien en word die pype nie sommer raakgespit terwyl jy of die tuindiens beddings skoonmaak nie. Niemand soek ’n onverwagse fontein in die roosbeddin­g nie.

As jy ’n meer formele tuin het (of ’n labrador wat aan alles kou), is ondergrond­s beslis beter. Maar moenie lyf wegsteek nie. Grawe diep – minstens 30 cm – anders kan jy jou maar regmaak dat ’n pyp kort-kort raakgestee­k word. En dis hier waar jou pyp-plan by punt 2 baie belangrik is; só spaar jy jou baie onnodige grawe- en laswerk.

Hoeveel?

Spuite moenie te ver uitmekaar wees nie, sê Gerhard. Wanneer die kraan oop is, moet die areas wat per spuitjie natgemaak word, 100% oorvleuel, anders kry jy droë kolle in jou bedding of grasperk. Gaan dus die spreiwydte van spuite op die winkelrak na.

As jy te min spuite het, kan die druk in jou besproeiin­gstelsel te hoog wees en kry jy ’n fyn missproei wat net in die wind verdwyn. Te veel spuite is soos ’n tuinslang met baie gate in: Dit verlaag die druk, wat beteken water uit die spuite val nie ver genoeg nie, en dan is daar droë kolle in die beddings. Onthou Neem die waterdruk in jou area in ag wanneer jy jou besproeiin­gstelsel begin aanlê. As die druk laag is moet jy minder spuite per lyn gebruik en het jy dus meer besproeiin­gslyne nodig. Met hoër druk kan jy meer spuite per lyn insit en het jy minder lyne nodig.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa