Tuis

Raak verlief op jou tuin

-

Dis die maand vir romanse, so plant geurige, dromerige blomme vir ’n tikkie betowering – en pluk sommer ’n pragtige bos blomme vir daardie spesiale persoon.

Tradisione­el word die eerste pronkertji­es op Valentynsd­ag gesaai. Die langsteelp­ronkertjie­s wat ons vandag ken, lyk glad nie soos die piepklein wilde-pronkertji­es wat vader Cupani in die velde van Sisilië ontdek het nie, maar die soet geur van daardie eerste blomme bekoor ons steeds.

Vir ’n romantiese tuin, plant blomme soos vergeet-my-nietjies ( Anchusa capensis), bergbruidj­ies (Serruria florida), Love-in-amist ( madeliefie­s ( Argyranthe­mumspp.); of simboliese laventel (vir mooi herinnerin­gs) en angeliere (vir toegeneent­heid).

Daar is ook geen tekort aan pragtige rose met gepaste name nie, soos ‘Antico Amore’, ‘Bella Rosa’, ‘Butterfly Kisses’, ‘Eyes for You’, ‘Kissing Ayoba’, ‘Don Juan’, ‘Perfume Passion’, ‘Bride’s Dream’, ‘Casanova’, ‘Heart Throb’, ‘Lover’s Meeting’, ‘Sweet Surrender’, ‘True Love’ en ‘Wedding Bells’.

Die liefling-roos ‘ Cecile Brunner’ spog vir lang tye met stele vol klein, pienk, perfek gevormde rose. Die rankroos ‘New Dawn’, ’n klassieke roos wat in 1930 gekweek is, dra ’n oorvloed blospienk blomme teen ’n agtergrond van blink donkergroe­n loof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa