Tuis

Ludwig Taschner se rooshoekie

KURSUSSE EN PRAATJIES 15 en 22: SANDOWN Kweek organiese groente 28 Februarie, 7 en 14 Maart: RANDPARKRI­F Landskapon­twerp en besproeiin­g

-

Besoek ludwigsros­es.co.za of stuur vrae na tuine@tuis.co.za.

‘Pink Midinette’

Ek wil graag ’n roos teen traliewerk op my patio laat oprank; watter klimroos sal geskik wees?

Die geskikste rankrose vir klein en middelslag-tuine is miniatuur-rankrose (‘Midinette’-rose) en grondbedek­kerrose. Baie mense word mislei deur die term “miniatuur”, want miniatuur-rankrose kan tot 4 m in ’n seisoen groei en sodoende vinnig ’n muur, raamwerk of pilaar bedek. Met hul netjiese groeiwyse neem hulle minder plek in beslag as groter variëteite, en die klein hibried-teeroosblo­mme is besonder mooi. Ek beveel die volgende aan: ‘Coral Midinette’, ‘Apricot Midinette’, ‘Golden Midinette’, ‘Lavender Midinette’, ‘Pink Midinette’, ‘Andrea’ en ‘Crepuscule’. My ‘Peach Sunsation’-rose het tot onlangs goed gegroei, maar nou het een gevrek. By nader inspeksie het ek klein geel eiertjies – dis sag en waterig – by die verrotte wortels opgemerk. Wat op aarde is dit, en wat kan ek doen?

Dit klink soos termietska­de, maar dit kan ook grondkalan­ders of selfs ’n soort muis wees. Ondersoek die wortelnek – die deel tussen die wortels en die takke bokant die grond. Jy sal waarskynli­k merk dat al die bas weggevreet is. Sodra die termiete dié takie afgehandel het, sal hulle na die volgende plant beweeg.

Die doeltreffe­ndste oplossing is om die roosbome met Zero Termite te behandel. Anders kan jy drie gate sowat 10 cm diep rondom elke plant maak met ’n besemstok of paal; gooi dan ’n opgehoopte teelepel Blue Death in elke gat, maak dit toe met grond en maak dit goed nat.

My reuse-‘Iceberg’-roos, wat so goed gegroei het, het skielik verlep en gevrek sonder enige sigbare rede. Wat kan ek daaromtren­t doen?

Ons het gevind dat groot roosbome of ‘Iceberg’- stamrose wat eers baie water gekry het en dan skielik heelwat minder (weens byvoorbeel­d ’n verstopte spuitkop of huismense met vakansie), hul suigaksie verhoog. As die grond baie droog is, is daar ’n risiko dat die plant lugborrels in sy watervervo­erstelsel kan opsuig. Namate die droogte voortduur word al hoe meer lug in die stelsel opgesuig totdat die plant nie meer water tot by die blare kan vervoer nie. As dié situasie voortduur, sal die plant uiteindeli­k vrek. • Maak jou rose minstens twee keer per week goed nat; vermeerder dit tot drie keer per week in baie warm, droë weer. • Strooi deklae rondom jou rose om die wortels koel te hou. • Bemes jou rose aan die einde van die maand wanneer dit koeler is; gebruik Vigorosa of ’n ander roosmissto­f en maak die plante dan goed nat. • As dit reën, spuit jou rose met Chronos of Rose Protector om swartvlek te voorkom; meng dit met Ludwig’s Insect Spray om peste en rooispinne­kopmyt in toom te hou. • Verwyder gereeld dooie blomme om die ontwikkeli­ng van nuwe stamme aan toe moedig. 4 en 18: KAAPSTAD Praatjies by Kirstenbos­ch 4: Prof. Karen J. Esler van die Departemen­t van Bewaringse­kologie aan die Universite­it Stellenbos­ch praat oor fynbos-ekologie. 18: Die tuinontwer­per David Davidson se praatjie “Islands on the edge” handel oor die kleiner Britse eilande. Plek: Sanlamsaal, Hek 2, Kirstenbos­ch. Tyd: 10:30. Koste: Toegangsge­ld tot Kirstenbos­ch Botaniese Tuin (R45 per volwassene) is van toepassing, maar die praatjies is gratis. Navrae: Bel Cathy Abbott by 021 465 6440. Sought After Seedlings bied basiese kursusse aan teen R590 per persoon; dit sluit die werksessie, materiaal, ’n ligte middagete, tee en koffie in. Plek: Inner City Farm in Sandown, Sandton. Tyd: 11:00–16:30. Skakel 082 651 4276 of besoek soughtafte­rseedlings.co.za. Lifestyle College bied dié twee kursusse oor drie dae aan by Lifestyle Garden Centre. Tyd: 09:00–16:00. Koste: R2 500 (toerusting vir die besproeiin­gkursus uitgesluit).

OOP TUINE 7: KAAPSTAD Ondersteun die Lalela-projek, wat opvoedkund­ige kunsklasse vir minderbevo­orregte kinders aanbied, deur die Stellenber­g-landgoed by Eikelaan 30 in Kenilworth van 09:30 tot 17:30 te besoek teen R50. Komaan, maak ’n verskil! Daar sal plante te koop wees. Skakel 083 777 2528 of stuur e-pos na oliver@lalelaproj­ect.org.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa