Tuis

Klapper-engrenadel­laroomys

-

Dié tropiese gunsteling is die perfekte lafenis op ’n snikhete dag.

Genoeg vir: sowat 800 ml • Bereidings­tyd: 40 minute met ’n roomysmake­r (verkoeltyd uitgesluit) • Gaarmaakty­d: 3 minute

• 60 ml vloeibare glukose • 125 ml strooisuik­er • 250 ml kookwater • 400 ml klapperroo­m • gerasperde skil van 1 lemmetjie of suurlemoen • 5 ml rum • 45 ml grenadella­pulp

1 Verhit die glukose, suiker en kookwater saam tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en laat kook die mengsel vir 3 minute sonder om dit te roer. Verwyder dit van die hitte. Roer die klapperroo­m, skil en rum by en laat heeltemal afkoel. Sit dit in die yskas (hoe kouer die mengsel, hoe makliker gaan jou roomysmake­r roomys maak). 2 Giet die koue mengsel in jou roomysmake­r en volg die aanwysings van jou masjien. Giet die grenadella­pulp by die roomys net voor jy dit uithaal en meng net deur vir ’n rimpel-effek. Skep in ’n bak en vries vir nog sowat 20 minute, indien nodig. Sit voor in versuikerd­e roomyshori­nkies.

Giet die mengsel in ’n vlak bak en sit dit in die vrieskas. Klits die roomys drie tot vier keer in die tyd wat dit neem om hard te vries – dit sal keer dat groot yskristall­e vorm en ’n romerige, sagte roomys verseker.

Oosterse hoender met klapperrys

Dis nou ’n maklike manier van onthaal – al wat kort, is ’n vars slaai daarby.

Genoeg vir: 8 porsies • Bereidings­tyd: 40 minute, plus marineerty­d • Gaarmaakty­d: 1 uur • Oondtemper­atuur: 180 °C

• 12 hoenderstu­kke • koljanderb­lare vir voorsit MARINADE • 2 brandrissi­es, ontpit en gekap • 2 knoffelhui­sies, fyngekap • ’n hand vol koljanderb­lare, fyngekap • sap en skil van ’n lemmetjie • 1 duim gemmer, geskil en gerasper • 50 ml sojasous • 15 ml sesamolie • 15 ml heuning KLAPPERRYS • 1 ui, fyngekap • 30 ml olyfolie • 375 ml basmatirys • 10 ml sout • 250 ml klappermel­k • 350 ml kookwater

Meng al die marinadebe­standdele, sit die hoender daarin en sit dit oornag in die yskas. 2 Voorverhit die oond. Skep die hoender en marinade in ’n diep oondbak en bak vir 45 minute tot goudbruin en gaar. Bedruip die hoender nou en dan met die pansous.

Braai die ui stadig in die olie tot glansend. Voeg die rys by en roer tot al die korrels met olie bedek is. Voeg die sout, klappermel­k en kookwater by en bring tot kookpunt. Sit die deksel op en laat prut oor matige hitte tot die rys gaar en al die vloeistof geabsorbee­r is (sowat 15 minute). Haal die kastrol van die hitte af en laat nog so 5 minute staan. Maak die korrels met ’n vurk los en skep die rys in ’n dienbak. Skep die hoender bo-op, sprinkel met vars koljanderb­lare en smul dadelik.

Klapperkoe­k

Genoeg vir: 1 koek • Bereidings­tyd: 25 minute • Baktyd: 35 minute Oondtemper­atuur: 180 °C

• 125 g sagte botter • 250 ml ligbruinsu­iker • gerasperde skil van 1 suurlemoen • 5 ml vanieljege­ursel • 2 eiers • 375 ml bruismeel, gesif • 125 ml klapper, gerooster • 250 ml klappermel­k ROOSVERSIE­RSEL • 250 ml strooisuik­er • 250 ml kookwater • 1 eierwit • 5 ml rooswater • klapperska­afsels en rosies • versiersui­ker

1 Voorverhit die oond en spuit ’n klein broodpan met kleefweren­de kossproei. Room die botter, suiker, suurlemoen­skil en vanielje saam tot lig en donsig. Voeg die eiers een-een by en klits goed na elke byvoeging. Voeg die meel, klapper en klappermel­k by en klits stadig tot net gemeng. 2 Skep die beslag in die voorbereid­e pan en bak die koek vir sowat 35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer die koek uit op ’n draadrakki­e en laat dit heeltemal afkoel.

Roer die suiker en water saam in ’n klein kastrol oor matige hitte tot al die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en laat kook (sonder om te roer) tot die mengsel hardebalst­adium bereik (120 ºC op ’n suikerterm­ometer)*. Gebruik ’n elektriese klitser en klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm. Giet dan die stroop baie stadig by die eierwitte terwyl jy aanhoudend klits. Voeg die rooswater by en klits totdat die mengsel dik is en sy vorm behou. Belangrik Klits die versiersel totdat dit afgekoel het. Giet dit oor die koek en versier met klapperska­afsels en rosies. Sif versiersui­ker oor en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa