Tuis

Besproeiin­g Alles wat jy moet weet

-

Deur Marié Esterhuyse Foto’s Francois Oberholste­r

Skets Jane Kotze As jy wil tuinmaak, moet jy natmaak. Volg ons vyfpuntpla­n as

jy dalk dié somer ’n besproeiin­gstelsel

wil aanlê.

Dis ’n ou-ou debat: Spuit jy jou tuin nat met die hand, of installeer jy ’n besproeiin­gstelsel? Die tuinslang-brigade hou voet by stuk: Self natgooi is ontspannen­d, en jy spaar water. Maar diegene met besproeiin­gstelsels sê die regte installasi­e is meer waterwys en minder moeite.

As jou keuse ’n besproeiin­gstelsel is, benader dit reg en jy sal ’n lowergroen tuin hê, sonder kommer.

Beplan

“Goed begonne is half gewonne.” So sê Gerhard Cronjé van Eikestad Besproeiin­g. Want die geheim met ’n nuwe besproeiin­gstelsel is: Beplan!

Voor jy winkel toe gaan, vra jouself af wat jy wil hê: druplyne of ’n besproeiin­gstelsel met spuite. Kies jy ’n druplynste­lsel, oorweeg die volgende: Voordeel Volgens Gerhard spaar druplyne water omdat die druplyn by die plant se wortels water gee. So waai geen water weg of verdamp dit nie. By groot bome, in beknopte areas waar daar baie plaveisel is of al met ’n oprit langs werk druplyne die beste. Nadeel Die pype wat vir drupbespro­eiing gebruik word, is onooglik, want dit lê meestal bo-op die grond. Sou jy die pype begrawe, moet dit baie vlak wees, anders werk die stelsel nie; maar dan kan jy die pype maklik met ’n tuinvurk raaksteek. In ’n tuin met ’n natuurlike voorkoms waar die plante sommerso bo-oor die pype groei, sal pype bo-op die grond nie soveel pla soos in ’n netjiese en meer formele tuin nie.

Hou ook in gedagte: Dit neem langer om ’n tuin met ’n druplynste­lsel nat te lei as met bogrondse spuite. Dis ook heelwat duurder om te installeer, want jy het baie lyne in ’n groot bedding nodig. Druplyne werk die beste as hulle sowat 40 cm uitmekaar lê; werk uit hoeveel jy nodig het na gelang van die grootte van die beddings wat jy met die stelsel wil natlei.

Teken ’n prentjie

Ongeag of jy ’n spuit- of drupstelse­l kies, besluit vooraf op die uitleg van die pype. So weet jy watter en hoeveel pyp en verbinding­stukke jy moet koop

en kan jy water – en baie frustrasie – spaar.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa