Tuis

Stap vir stap Kamma-croissants

- Deur Sonja Jordt • Foto’s Francois Oberholste­r

Min dinge klop die geur van varsgebakt­e croissants. Maak dit in ’n

japtrap deur so ’n bietjie te kul!

Volg ons kortpad en maak jou croissants van gekoopte blaardeeg.

Genoeg vir: 8 croissants Bereidings­tyd: 30 minute Oondtemper­atuur: 200 °C Baktyd: 20 minute

• 500 g blaardeeg (goeie gehalte, met botter gemaak) • 200 g donkersjok­olade, gekap • 1 eier, geklits

1 Indien die blaardeeg nie ontdooi is nie, laat dit (verkieslik in die yskas) ontdooi. Berei jou bakplate voor deur dit met kleefweren­de kossproei te spuit. Rol die deeg oop op ’n meelbestro­oide oppervlak en sny die deeg dan in 15 cm breë stroke.

2 Maak klein insnydings of merkies 10 cm uitmekaar langs die een rand van elke strook. Doen dieselfde aan die teenoorges­telde kant van elke strook, maar begin 5 cm van die ent af. Die merke gaan dus nie regoor mekaar wees nie, maar ’n sigsagpatr­oon vorm.

3 Maak diagonale snitte oor die stroke deur die merkies te verbind en sodoende die deegstroke in driehoeke te sny.

4 Sprinkel ’n paar sjokolades­plinters oor die basis van elke driehoek en rol die driehoek op. Begin by die basis en rol dit na die punt toe. (Jy kan die croissants op dié stadium vries.)

5 Plaas die rolletjies op die bakplate – nie te na aan mekaar nie. Verf met geklitste eier en bak vir 20 minute tot goudbruin, gaar en uitgerys. Sit warm voor saam met goeie koffie.

Wenke

• Dié croissants is redelik klein. As jy groter croissants verkies, kan jy die afmetings net aanpas deur die stroke in sê maar 18 cmlengtes te sny en merke vir die driehoeke eerder 12 of selfs 13 cm uitmekaar te maak. • Jy kan die croissants met of sonder die sjokolade maak, en jy kan dit selfs vries – maak sommer ’n klomp!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa