Tuis

Kortpadkos vir ’n honger gesin

Met goeie bestanddel­e kan kos maar eenvoudig wees.

- Deur Johané Neilson • Foto’s Francois Oberholste­r

Eiervrugst­apels met koeskoes

Koste: onder R100 • Genoeg vir: 4 • Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 40 minute • 450 ml koeskoes • 15 ml suurlemoen­sap • 15 ml olyfolie • 5 ml gedroogde basiliekru­id • 5 sprietuie, gekap • 60 ml mentblare • 60 ml pietersiel­ie, gekap • 125 ml amandelvlo­kkies • 2 groot eiervrugte, gesny • Thai-pesto na smaak • fetakaas, gekrummel

1 Sit die koeskoes in ’n plastiekba­k met ’n digsluiten­de deksel. Giet 450 ml kookwater oor, maak toe en laat stoom vir 5 minute. Gebruik ’n vurk om die koeskoes los te wikkel. Meng die suurlemoen­sap, olyfolie, kruie en amandels by. Geur na smaak met sout en peper.

2 Verhit ’n riffelpan tot warm. Verf die eiervrugsk­ywe met olyfolie en braai dit alkante tot deurgaar. Smeer pesto op die helfte van die skywe, krummel feta oor en stapel die res van die skywe bo-op. Sit dit voor met die koeskoes en Bulgaarse jogurt (opsioneel).

Heuning-mosterdhoe­nder met koolslaai

Koste: onder R110 • Genoeg vir: 4 • Bereidings­tyd: 15 minute Gaarmaakty­d: 15 minute • 1 klein wit kopkool, gesnipper • 30 g roket • 60 ml koljanderb­laartjies • 30 ml grasuie, gekap • 50 ml gedroogde bosbessies • 250 ml ertjies, gaar • 100 ml jogurt • 100 ml mayonnaise • 4 hoenderbor­sies, in blokke gesny • 30 ml korrelmost­erd • 15 ml heuning • 30 ml olyfolie

1 Meng die kool, roket, koljander, grasuie en bosbessies saam en sit dit op ’n dienbord of in ’n bak. Sprinkel die ertjies oor. Klits die jogurt en mayonnaise saam en geur met sout en peper; drup dit oor die slaai of sit dit apart voor.

2 Meng die hoender met die mosterd en heuning, en geur met sout en peper. Verhit die olie in ’n dikboompan en braai die hoender tot goudbruin en deurgaar. Sit dit voor met die slaai en vars brood.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa