Tuis

Maart-flitse

-

17−20: Besoek Markgoed in die Woud by Forest 44 tussen Somerset-Wes en Stellenbos­ch. Kom vier saam fees en kry nuwe idees vir Paasfees. Navrae: Jean den Heijer, 072 376 4935 en Sonette Barnardt, 082 774 1077. 18−22: Die Knysna- literêre fees bied die kans om voorste Suid-Afrikaanse en internasio­nale skrywers in privaat eiendomme in Knysna te ontmoet. Kry kaartjies by Pam Golding Properties op die dorp. Besoek knysnalite­raryfestiv­al.co.za.

22: Maak seker jy het ’n groot eetlus vir die tweede jaarlikse Cellarbake@Nitida, ’n fees vir gebak-en-wynkombina­sies in die Durbanvill­e-wynland. Geniet die soet- en soutgebak van Kaapstad se beste bakkers saam met Nitida se bekroonde wyne. Kaartjies kos R100 en is beskikbaar by webtickets.co.za. Besoek nitida.co.za. 25−31: Kom snuffel na hartelus by die Tierlantyn­kies-mark op Zwavelpoor­t, Pretoria-Oos. Met uitgesoekt­e produkte, delikosse, wynproe, musiek en kinderverm­aak is dit voorwaar ’n fees. Toegang kos R30 (gratis vir kinders). Besoek tierlantyn­kies.co.za.

1: Kuier saam by die Weintaufe-oesfees op die Eikendal-landgoed, Stellenbos­ch. Kaartjies kos R40 (gratis vir onder-12’s). Skakel 021 855 1422. 7: Proe jong wyn van die 2015-oes direk uit die tenk, trap druiwe en geniet die lewe by die Paarl OmmiBerg-fees. Besoek ommiberg.co.za. 14: Vier die Wellington-wynfees op drie plekke: die New Fashioned Boerebazaa­r, Top Chilling en Wilder as die Wildtuin. Kry die program by harvestfes­tival.co.za. 21: Die ATKV-Franschhoe­k-oesfees op die Solms-Deltawynla­ndgoed spog met die Radio Kalahari Orkes, Emo Adams en Elvis Blue. Bel 021 874 3937 of besoek solms-delta.co.za.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa