Tuis

Die proses

-

Met die hulp van Karin Cronjé van Hands On Creative Building and Management het die werk in alle erns begin.

Karin het die bestaande elektriese drade vir kragpunte en ligte na ’n gerieflike­r plek herlei sodat dit beter by die posisie van die bokkietafe­l kon pas.

Om die ruimte te isoleer is ’n dubbellaag Isotherm- termiese isolering tussen die bestaande vertikale latte van die Wendyhuis geplaas en vasgesit met horisontal­e houtlatte van 38 x 38 mm. Die latte dien ’n dubbele doel: Buiten dat dit die Isotherm in plek hou, bied dit ook ’n oppervlak waarop die 12 mm-gipsbord aan die binnekant geheg kan word. Die gipsbord, wat ook vir die plafon gebruik is, is met gipsmuursk­roewe vasgesit.

Die 1,2 x 2,4 m-gipsborde het amper perfek in die Wendyhuis gepas en waar dit gesaag moes word, is afvalstukk­ies gebruik om kleiner areas, soos rondom die ligskakela­ar, te bedek. Houtstroke, wat met paneelspyk­ers in plek gehou is, is gebruik om enige onvolmaakt­hede te verbloem waar die borde gelas is, asook op ongelyke saaglyne.

Daarna is die vloer deeglik geskuur, met ’n grondlaag geverf en toe afgerond met Plascon Floor Paint in Charcoal. Buite is ’n Woodoc-buiteseëla­ar gebruik wat subtiel by die tuin inskakel. REGS Dekstroke is met paneelspyk­ers vasgekap oor lasplekke en waar onvolmaakt­hede verbloem moes word. Wenk Vir ’n Wendy-huis bied die 12 mm-gipsbord beter isolering as 6 mm- of 9 mm-bord.

 ??  ?? Tweedehand­se stoel afgerond met AnnieSloan-verf in die kleure English Yellowen Provence; praatborre­l van kurk R99, groen herwindrom R399,99, Mr Price Home
Tweedehand­se stoel afgerond met AnnieSloan-verf in die kleure English Yellowen Provence; praatborre­l van kurk R99, groen herwindrom R399,99, Mr Price Home
 ??  ??
 ??  ?? Hands OnMr Price Home
Hands OnMr Price Home
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa