Tuis

’n Hondelewe

-

Tiekie gaan oral saam in die baba se drasak. – Ingrid Lombaard, Wolmaranss­tad

Waar hou ons piekniek?

Dolcé, ’n Birmaanse kat, is gereed om die pad in styl te vat! – Leanne Kay, Port Elizabeth

Grootte maak saak

Linda Strydom van Centurion skryf Hoe weet ek of my hond en kat ’n gesonde gewig het en hoe belangrik is dit eintlik?

Dr. Guy Fyvie, veeartseny­kundige raadgewer vir Hill’s Pet Nutrition, antwoord Vetsug is een van die algemeenst­e dieetsiekt­es onder troeteldie­re en verhoog hul risiko vir hartsiekte­s, diabetes, veltoestan­de, kanker en gewrigsiek­tes. Navorsers het bevind honde by hul optimum gewig lewe minstens twee jaar langer en is ook gelukkiger; volgens een studie ervaar vetsugtige honde meer lewenskrag en minder emosionele versteurin­g en pyn nadat hulle gewig verloor het.

Min mense is objektief oor hul eie troeteldie­r se gewig. Gewigstoen­ame gebeur gewoonlik geleidelik en dis maklik om gewoond te raak aan die ekstra kilo’s. Wees op die uitkyk na die volgende: • Die ribbetoets Kan jy maklik jou troeteldie­r se ribbes onder die vel voel wanneer jy oor sy of haar sy streel? • Die boaansig Het jou hond ’n maklik onderskeib­are middellyf wanneer jy van bo kyk? • Die syaansig Is daar ’n abdominale holte naby die agterbene? Oorgewig troeteldie­re se maagprofie­l is plat of bultend. • Is daar enige vetneersla­e aan die basis van die nek of stert? Troeteldie­re by hul ideale gewig het duidelike spierdefin­isie en jy kan die stertbasis se bene voel. • Is jou troeteldie­re geneig tot

en/of

Besoek petslimmer.co.za vir nuttige wenke oor hoe om jou troeteldie­r se ideale gewig te bereken of maak ’n afspraak by ’n deelnemend­e Hill’s Pet Slimmer-praktyk (sien petslimmer.co.za); hulle kan ’n akkurate assesserin­g maak en aanbeveel hoe jy jou troeteldie­r weer ’n gesonde gewig kan help behaal.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa