Tuis

So het hy dit gedoen

-

• ’n Muur is gebou om die ruimte wat die binnehof sou word van die straat en die voortuin te skei. • Die grond in die binnehof is met klipblokke geplavei, versag deur mondogras ( Ophiopogon ‘Kyoto dwarf’) tussenin. • Die kliptema is herhaal in die muur agter die fontein; dit sluit aan by die plaveiblok­ke. ’n Pompie in die dam sirkuleer die water terwyl die plante – dwergpapir­us ( Cyperus prolifer) en Colocasia esculenta – en visse in die dammetjie dit skoon hou. As dit regtig moet, gebruik Wouter Efekto Pond Clear om die water weer helder te kry. • Die bure se Ficus microcarpa ‘Hawaii’ is laer gesnoei vir ’n netjiese agtergrond. • In die steeg is ’n sypelriool ingesit vir dreinering. Die ou sementpaad­jie is vervang met bruin gruis begrens met houtskywe. • Besproeiin­g is ingesit: struikspui­te tussen die hoërgroeie­nde plante in die binnehof en opspringsp­uite vir die laaggroeie­nde plante in die steeg. • Plante is so gekies dat hul blare die ruimtes dwarsdeur die jaar interessan­t hou met hul kleur, tekstuur en verskillen­de vorms. Blomme soos Fuchsias (wat suikerbekk­ies lok), varkore wat meestal self opgekom het, Plectranth­us ‘Mona Lavender’, New Guinee-impatiens en armmansorg­ideë gee weer seisoenale kleur. • Bladwissel­ende bome wat nie te groot word nie hou die steeg koel in die somer en laat meer lig deur in die winter. Die pragtige wit stamme, klein blare en die mooi herfskleur­e van die berkebome maak dit elke seisoen iets om na te kyk!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa