Tuis

Dekordilem­ma

Die span van Homeology.co.za, Germarie Bruwer en Margaux Tait, help ’n leser om groot veranderin­ge in haar klein kombuis te maak – met wit verf en spatsels kleur.

- Profielfot­o deur Rosemary Zietsman, ander foto’s verskaf Stuur jou vrae na redakteur@tuis.co.za

Die probleem

Cynthia Bergh van Kroonstad skryf Ek het ’n lang, smal kombuis en soek raad oor hoe ek kleur kan inbring sonder dat die kombuis nog kleiner lyk. Ek wil nie die kaste vervang nie, maar wil graag die deure se kleur verander – moet ek by wit hou en watter kleur moet ek vir die toonbank gebruik? Kan ek die agterdeur en stoele ook wit verf om ’n eenheid met die res te vorm? Help asseblief!

Die oplossing Germarie en Margaux antwoord Dis altyd ’n uitdaging om ’n klein ruimte oor te doen. ’n Goeie reël is om al jou vertikale oppervlakk­e, soos deure en mure, lig en sonder tierlantyn­tjies te hou. ’n Ligte kleur op die kasdeure en agterdeur sal die voorkoms heeltemal vernuwe en ophelder. Jy kan dan mooi toonbanke, helderkleu­rige bykomstigh­ede en sagte meubels gebruik om spatsels kleur in te bring.

1 Die kaste

Die maklikste manier om die illusie van groter ruimte te skep, is deur ligte kleure te gebruik. Die muurteëls is reeds neutraal; as jy die kaste in ’n ligte kleur verf, sal dit onmiddelli­k die ruimte “oopmaak”.

Verf gelamineer­de deure eers met ’n spesiale onderlaag soos Plascon Tile and Melamine Primer; gebruik dan waterbasis­emaljeverf met ’n sagte glans vir ’n gladde afwerking wat maklik skoonvee. Probeer Dulux PearlGlo Waterbased in Subtle Ivory 4 – dis ’n effens warmer wit; verf ook die karkasse daarmee vir ’n naatlose voorkoms.

2

Die toonbanke

Melamienbl­aaie met geronde rande is nie net hitte-, chemikalie- en splinterbe­stand nie, maar ook bekostigba­ar. Dié pragtige Butcher Block Pear-blad skep ’n aardse plaashuis-gevoel en pas goed by die ontbyttafe­l.

3

Handvatsel­s

NuweN handvatsel­s vir kaste is nog ’n eenvoudige manier om ’n kombuis op te kikker. Vervang joune met aluminium- of wit handvatsel­s.

Eenvoudige, vierkantig­e satynchroo­mhandvatse­ls sal inskakel by die vertikale lyne van die teëls en ’n kontemporê­re afwerking aan die vertrek verleen. Ons beveel Style MN 935 Z in Satin Chrome van Just Handle It aan.

4

Die agterdeur

VerfV f die agterdeur se raam in dieselfde kleur as die kaste en verf die binnekant van die raam met swart Plascon School Board Paint. Dit sal die deur met die muur laat saamsmelt terwyl dit ook as ’n skryfbord dien.

5

Kleur in die bykomstigh­ede

Wanneer jy nie mooi weet waar om te begin nie, is dit altyd nuttig om een van jou gunsteling-items te gebruik om ’n vertrek se palet te bepaal. Ons het mooi geblomde linne by Biggie Best gekry wat perfek is vir ’n Romeinse blinding. Om so kleur in te bring, is veral nuttig in klein ruimtes omdat die blinding netjies opvou en lig inlaat sonder dat die materiaal heeltemal versteek word. Dis ook wasbaar, wat perfek is in die kombuis.

Met die oog op uitstalrui­mte kan jy die muur-area bo die wasbak “breek” met twee swewende wit rakke. Buiten dat dit ekstra pakplek bied, is dit ook perfek om kleurryke bykomstigh­ede uit te stal wat die kleure van die stoele, mat en blinding herhaal.

Vir ekstra beligting wat nie die ruimte oorheers nie, hang ’n subtiele lig bo die kombuistaf­el soos hierdie maatbeker-lig van Weylandts. Dit sal ’n aweregse kinkel aan die vertrek verleen.

6 Die stoele

As jy die stoele wit verf, sal die hout van die tafel en nuwe werkopperv­lakke mooi daarmee kontrastee­r. Skuur eers die stoele en wend ’n universele houtonderl­aag aan voor jy dit in dieselfde kleur as die kaste verf vir afronding.

Nuwe sitplekoor­treksels in Genevieve Old Rose van Hertex bied ouwêreldse sjarme terwyl dit ook die res van die meubels en toebehore in die vertrek komplement­eer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa