Tuis

Deon se Loxtontuin­ontwerp

• Oorhoofse tema

-

Deon se benadering was om dit klassiek en hoekig te hou. Hy som dit so op:

Ouwêrelds en/of oudorps. Formeel gestruktur­eer, met die klem op ornamentel­e en nuttige plante wat jou sintuie oorrompel. • Sy benadering Eenvoudige, aardse Karoo-eenvoud. Skoon, rustige lyne met massa-aanplantin­gs van dieselfde soort. • Plantkeuse Karoo-, Mediterree­nse en halfwoesty­nplante. Inheems en uitheems.

Verskillen­de kamers

• Die vertoontui­n ( sien skets oorkant) is aan die straatkant – ’n klein, vierkantig­e grasperk met twee skadubome (teen die inrit) en tuinmeubel­s wat jou innooi. Daar is ’n verskeiden­heid blaarkleur­e, teksture en seisoenale blomme wat die omringende bedding vul. ’n Paadjie stuur die oog dwarsdeur die middellyn van die erf tot in die agterste “kamer”, die ontspannin­gstuin. • Die funksionel­e tuin is die middelblok wat dien as agtergrond vir die vertoontui­n. Hier wou hy die indruk skep van formeel aangeplant­e vrugte- en groentebed­dings. Nuttige en bruikbare plante vul dié deel van die tuin. • Die ontspannin­gstuin: Dié stuk tuin is die agterste blok van die werf, met die peerbome as agtergrond. Bypassende tuinmeubel­s en skoon, rustige lyne gee die toon aan. Hier is privaathei­d die hoogste prioriteit, ’n plek waar jy die natuur kan inneem. • Die sykamers of deurloop-gange: Aan die skaduryke noordekant van die erf staan massas skaduliewe­nde plante. Die opslag-peerbome skep ’n ritmiese effek wat kalmte bring. Deon het dieselfde effek aan die warmer suidekant van die werf verkry met sipresse, massas vygies tussenin, asook blom-artisjokke. • Die agtertuin of braaistoep (klein blok agter die huis): Dié deel is omhein met ’n soutboshei­ning, en hier geniet Deon die winterson en kan hy braai.

Sementoppe­rvlakke is doelbewus vermy, en skalieklip en -gruis – eie aan die Karoo – is gebruik. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa