Tuis

Vra die kenners

Soek jy oplossings vir buitebelig­ting? Of wil jy graag ’n verftegnie­k probeer? Vra net – ons kry die antwoorde.

-

Mooi tegniek

Yvette ter Wolbeek van Pretoria skryf Ek het die mooiste verftegnie­k in grys op bladsy 100 van gesien. Hoe is dit gedoen en watter kleur is as basis gebruik?

Wanneer jy sulke tegnieke probeer, moet jy altyd seker maak jy het genoeg tyd om die perfekte afwerking te kry. Jy kan die voorkoms in drie maklike stappe regkry: Maak seker die oppervlak wat jy wil verf, is reg voorberei. Maak die mure deeglik skoon met suikerseep en vee dit met ’n klam lap af. Ons stel voor jy gebruik ’n grondlaag vir nuwe oppervlakk­e voor jy enige verf aanwend. Bedek sleutelare­as soos die plafon en vloerlyste, en gebruik ’n drupvel van seil pleks van plastiek omdat dit enige spatsels sal absorbeer. Jy kan weggooihan­dskoene gebruik om jou hande te beskerm. Wenk Kies ’n basiskleur wat ligter as jou verftegnie­k-kleur is vir die gewenste voorkoms; ons beveel Dulux Luxurious Silk Dusted Moss 2 aan. Meng een deel newelglasu­ur (“scumble glaze”) met een deel Dulux Luxurious Silk (kies ’n kleur donkerder as jou basiskleur; ons beveel Dulux Dusted Moss 1 aan) en een deel water. Jy kan die hoeveelhei­d newelglasu­ur vermeerder vir ’n meer glasige voorkoms. Die doel van die newelglasu­ur is om die verf “elasties” te hou sodat jy die verf kan “rondbeweeg” totdat jy die gewenste afwerking het. Dis belangrik om al die mengsel op te gebruik, want dit hou nie lank nie. Wenk Om te keer dat jy heeltyd by jou leer moet op- en afklim, kan jy jou mengsel in ’n skoon, ligte 5-liter-houer voorberei. Dit kan dan ook as verfbak dien wanneer jy die mengsel aanwend. Begin by die basislaag; gebruik ’n geskikte roller om dit aan te wend. Wanneer dit droog is, wend die verfmengse­l in sirkel- en afwaartse bewegings aan. Gebruik ’n sagte

kenners@tuis.co.za lap of ou T-hemp (wat ’n beter afwerking sal gee). Begin aan die bokant van die muur en werk ondertoe. ’n Klammer lap en meer druk sal die afwerking baie donkerder maak.

Wend ’n tweede laag verfmengse­l aan vir ’n egalige afwerking; jy sal dalk ook ’n verfkwas moet gebruik om moeilik bereikbare plekkies by te kom.

dulux.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa