Tuis

Kaggel-dilemma

-

Franciske Roeloffse van Pretoria skryf Ons huis is in 1958 gebou en ons is tans besig om dit op te knap. Vorige eienaars het ongelukkig die kaggel se skoorsteen met sement toegegooi en ons kan dit daarom nie gebruik nie. Wat kan ons met hierdie seeroog doen? Hoe kan ons die blink vernis op die klip verwyder en die donker voegbry tussen die klippe met ’n ligter kleur vervang? Kan ons dit dalk toepleiste­r of die kaggel dieselfde kleur as die res van die huis verf? Ek het ook gewonder of ons op ’n manier rakke of ’n kas om die boonste deel van die kaggel kan bou, dan is die spasie darem nie heeltemal verlore nie. Help asseblief!

Jani Goussard van Paint & Décor antwoord Dis omtrent ’n dilemma! Wat dit die moeilikste maak, is die ronde vorm van die kaggel, asook die een symuur met sy skuins lyn.

Die skuins muur maak enige rakk rakke wat ’n mens hoër op teen die ronde kaggelmuur sou wou bou, feitlik onmoontlik.

Ek stel voor jy neem die fokus heeltemal weg van die boonste deel van die kaggel en raak ook ontslae van die klip se tekstuur. Die maklikste en goedkoopst­e manier is om bo-oor die klip te pleister. Gebruik ’n produk soos Paint & Décor se EasyPlast.

Dis ’n wonderlike pleisterpr­oduk wat jy direk op teëls en ook op hierdie oppervlak kan aanwend – dit sal die openings opvul en soos die res van jou mure ’n gladde afwerking hê.

Verf die skoorsteen­bors dieselfde kleur as die res van jou mure sodat dit as’t ware “verdwyn”.

As julle ’n waaghalsig­e gesin is wat van kleur en speelsheid hou, verf rooi en wit strepe op die muur sodat dit soos ’n vuurtoring lyk! Julle kan dit altyd later weer toeverf.

Versteek die kaggel onderlangs met houtrakke en pak jou boeke daar weg.

Of bou ’n sitplek om die kaggel se onderkant – stoffeer die rug en sitplek en gebruik pragtige strooikuss­ings – dit sal ’n heerlike leeshoek wees.

Nog ’n oplossing is om ’n eenvoudige raamwerk om die kaggel te bou en houtplanke te gebruik om dit te versier. Ligte hout laat enige vertrek sagter lyk. Sterkte met die projek!

paintdecor­diy.co.za.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa