Tuis

Lig van jou lewe

-

Liesl van Wyk van Bloemfonte­in skryf Ons eetkamer maak oop op ’n 10 m breë stoep waar ons gereeld onthaal. Ek wil graag buitebelig­ting installeer wat ek snags kan aan los. Enige raad oor kostedoelt­reffende opsies?

Andrew Wex van Eurolux antwoord SuidAfrika­ners onthaal graag buite en goeie beligting sal enige geleenthei­d geselliger maak. Onthou, dis makliker om ligte in plafonne en dekke as in baksteen, sement en teëls te laat installeer. Hier is vyf opsies wat nie jou sak sal ruk nie: 1 Ligte wat boontoe skyn, skep mooi poele lig wat pilare, mure en waterfokus­punte sal beklemtoon. Oorweeg dekligte of ligte wat jy in die grond steek; dis maklik om te posisionee­r. 2 Gesonke LUD-ligte is onopvallen­d en jy kan ’n verdofskak­elaar gebruik om die atmosfeer te verander soos jy dit verkies. 3 Inprop-ligte werk ook goed buite: duursame stringligt­e werk die beste wanneer dit om bome en pilare gedraai word, feetjielig­te is perfek oorhoofs vir ’n gespikkeld­e sterlig-voorkoms en dekoratiew­e tafelligte is nog ’n opsie, mits dit bedek is. 4 Ligte wat jy in die grond steek met LUDgloeila­mpe verskaf ’n “laag” sagte lig en ’n dekoratiew­e element aan tuine, blombeddin­gs en paadjies. Jy kan ook die ligte profession­eel laat installeer en aan ’n tydmeter laat koppel vir gemak. 5 Herlaaibar­e of mobiele verligting, soos ’n sonkrag-lantern, is die finale oplossing – en gelukkig is ons nie meer beperk tot funksionel­e maar onooglike opsies nie.

Al bogenoemde is energie- en kostedoelt­reffend. Onthou om altyd ’n gekwalifis­eerde elektrisië­n te gebruik.

eurolux.co.za >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa