Tuis

Vlindervri­endelik

-

’n Skoenlappe­rtuin moet sonnig en windbeskut wees. So ’n tuin sal nooit perfek wees nie, maar blare wat deur ruspes gevreet word, is ’n klein prys om te betaal vir die vreugde om skoenlappe­rs dop te hou.

’n Skoenlappe­rtuin moet plante insluit vir elke stadium van ’n skoenlappe­r se lewensiklu­s – eier, ruspe, papie en skoenlappe­r – met blomme wat in verskillen­de seisoene blom om ’n groot verskeiden­heid spesies te lok.

Plante met verskillen­de hoogtes sal groot én klein skoenlappe­rs lok. Kies uit heuningblo­mmetjies ( Alyssum), asters, Bauhinia galpinii, Buddleja, kattekruid, Hebe, hibiskusse, laventel, afrikaners, Nicotiana, Pentas, Plumbago, Scabiosa, tiemie, Tulbaghia en ysterkruid ( Verbena).

Skoenlappe­rs is mal oor madeliefie­s, en daar is ’n groot verskeiden­heid een- en meerjarige­s in wit, room, pienk, appelkoos, geel, rooi en mahonie wat in hoogte wissel; dit sluit gloriosa-madeliefie­s, Echinacea, shasta-madeliefie­s, Matricaria, margrietji­es, Felicia en botterblom­me ( Gazania) in.

Benewens die regte plante vir ruspes en nektar vir skoenlappe­rs, sorg ook vir genoeg water. Modderpoel­e en verweerde klippe wat water opvang, is plekke waar skoenlappe­rs graag drink, in die son sit en hul vlerkspier­e opwarm voor hulle vlieg. • Weedbuster-week (die tweede week in Oktober) is net die tyd om die indringerp­lante in jou tuin te verwyder, waaronder Vinca minor en Vinca major (steriele kultivars en hibriede is nie ’n probleem nie), Duchesnea indica en Tradescant­ia met hul groen-enpers loof. • Maak nuutgeplan­te bome en struike een keer per week goed nat om die ontwikkeli­ng van ’n sterk wortelstel­sel en nuwe groei aan te moedig. Voedingswo­rtels loop so wyd soos die takke se druplyn; maak dus seker dié area kry genoeg water en misstof. • Bemes gevestigde struike met ’n algemene misstof soos 2:3:2 en strooi ’n 8 cm-deklaag wat sal keer dat onkruid opkom en boonop vog in die grond sal hou. Maak die grond nat voordat jy die deklaag strooi. • ’n Paar jaarplante wat maklik groei en ’n helder skouspel van kleur regdeur die somer bied, is spinnekopb­lomme ( Cleome), kosmosse, beddingdah­lias, afrikaners, Nicotiana, Vincakulti­vars en jakobregop­s ( Zinnia). Al dié plante moet op ’n sonnige plek geplant word. • Skuif huisplante weg van vensters af namate dit warmer word. • Stel jou grassnyer se lemme hoër in warm, droë weer om te voorkom dat die wortels ontbloot word en skroei. Maak ook jou grasperk gereelder nat. >>

 ??  ?? Pentas
Penstemon
Pentas Penstemon
 ??  ?? Plumbago
Alyssum
Zinnia
Plumbago Alyssum Zinnia

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa