Tuis

Somerkoek

-

Ek het dié resep by my vriendin Thea Willemse gekry – en dis ’n wenner. Genoeg vir 1 x 23 cm-koek • Bereidings­tyd: 30 minute, plus vla se afkoeltyd • Baktyd: 20 minute • Oondtemper­atuur: 180 °C

• 3 eiers, geskei • 250 g (300 ml) strooisuik­er • 5 ml vanieljege­ursel • 100 ml melk • 40 g (40 ml) botter, gesmelt en afgekoel • 140 g (250 ml) meel • 10 ml bakpoeier • 50 g neute, fyngekap VULSEL • 400 ml room, styfgeklit­s • 1 kg somervrugt­e soos aarbeie, frambose en nektariens

1 Voer twee 23 cm-koekpanne met bakpapier uit en spuit dit met kleefweren­de sproei. Voorverhit die oond. Klits die eiergele, die helfte van die strooisuik­er en die vanieljege­ursel saam tot lig en donsig. Roer die melk en botter by. Sif die meel en bakpoeier saam en vou dit in tot net gemeng. Deel die beslag tussen die koekpanne en maak dit gelyk bo-op. 2 Klits die eierwitte styf en vou die oorblywend­e strooisuik­er daarby in. Skep dit versigtig op die beslag in die koekpanne en sprinkel die neute oor. Bak dit vir 20 minute en laat dit in die panne afkoel.

Versoet die room met suiker en geur met vanielje na smaak. Skep die helfte van die room op die eerste koeklaag en skep die helfte van die vrugte op. Sit die ander koek bo-op en skep dan die res van die room op, gevolg deur die res van die vrugte. Wenk Griekse jogurt is ’n vinnige alternatie­f vir die room. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa