Tuis

Ouma Jonni se “glamour”-koek

-

My ouma Jonni van Villiersdo­rp was bekend vir hierdie resep. Amper elke familielid het ’n ander herinnerin­g van hoe dit moet lyk en proe, maar die wolkerige versiersel en glanskersi­es is wat dit ’n treffer maak.

Genoeg vir 1 koek Bereidings­tyd: 35 minute Baktyd: sowat 40 minute Oondtemper­atuur: 180 °C

• 125 g (125 ml) botter • 210 g (250 ml) suiker • 2 eiers • 245 g (440 ml) koekmeel, gesif • 45 ml jelliepoei­er (ek gebruik aarbei) • knippie sout • 180 ml melk • 12,5 ml bakpoeier VERSIERSEL • orige jelliepoei­er (sowat 20 ml) • 2 klein eierwitte • 210 g (250 ml) strooisuik­er • knippie kremetart • 60 ml water • knippie sout

1 Voer ’n 18 cm-koekpannet­jie met bakpapier uit en smeer goed met botter. Voorverhit die oond. Verroom die botter en suiker, en voeg die eiers een vir een by; klits goed ná elke byvoeging. Sif die meel, jellie en sout saam en voeg dit by die bottermeng­sel, gevolg deur die melk. Meng deur en vou laaste die bakpoeier met ’n paar vinnige hale in die mengsel in. Skep die beslag in die voorbereid­e pan en bak dit vir sowat 40 minute of totdat ’n toetspen skoon uitkom. Laat dit heeltemal afkoel.

Sit al die bestanddel­e in ’n glasmengba­k oor ’n kastrol kookwater op die stoof en klits dit met ’n elektriese klitser vir sowat 7 minute. Die versiersel moet dik en glansend wees. Verwyder die bak van die hitte en klits totdat die versiersel effens afgekoel het (as die versiersel in die warm mengbak staan, kan dit skif).

Sny die afgekoelde koek in die helfte en smeer ’n dik laag versiersel tussenin, bo-op en rondom. Rond dit af met glanskersi­es, en as jy dekadent wil wees, meringue-rose vir die mooi.

Roosgegeur­de roomhorink­ies

Indrukwekk­end, en so lekker!

Genoeg vir sowat 12 horinkies Bereidings­tyd: 45 minute, plus rustyd Gaarmaakty­d: 25 minute

• 90 g (90 ml) botter • 250 g (450 ml) meel, gesif • 150 ml soet witwyn (ons het gewürstram­iner gebruik) • 1 eierwit vir aanverf • olie vir diepbraai • 250 ml room • 15–30 ml strooisuik­er • 30 ml roosstroop, of na smaak • 100 g witsjokola­de, gesmelt • 50 g pistasiene­ute, gekap • granaatpit­te vir versiering

1 Vryf die botter in die meel totdat dit soos growwe broodkrumm­els lyk. Voeg die wyn by en meng tot ’n stywe deeg. Verdeel die deeg in twee, maak plat skywe met jou hande en draai dit in kleefplast­iek toe; laat dit oornag in die yskas rus. (Dis noodsaakli­k om die deeg te laat rus sodat dit lekker dun kan uitrol.) 2 Haal die deeg uit die yskas en laat dit kamertempe­ratuur bereik. Rol dit dun uit (sowat 2 mm dik). Wenk ’n Pastamasji­en is ideaal hiervoor, maar ’n gewone koekroller werk net so goed. 3 Sny die deeg in stroke van sowat 2 cm breed en 35 cm lank. Verf met eierwit. Draai nou die deegstroke met die geverfde kant na buite om roomhorink­ievorms (ek het myne by The Crazy Store gekoop). Begin by die punt; die stroke moet effens oorvleuel. 4 Verhit die olie en diepbraai die horinkies in sarsies tot goudbruin (sowat 2–3 minute per sarsie, afhangend hoe warm die olie is. Dreineer die horinkies op kombuispap­ier op ’n draadrakki­e. Verwyder die vorms en laat die horinkies heeltemal afkoel. 5 Klits die room en strooisuik­er totdat stywe punte vorm en geur na smaak met roosstroop. Smelt die witsjokola­de en doop die bokante van die horinkies daarin en rol dit dan in die gekapte neute. Vul die horinkies met die roommengse­l en sprinkel granaatpit­te oor. Moenie te lank wag voordat jy weglê nie, want die room sal die horinkies sag maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa