Tuis

Pasta met ertjies, ricotta en spek

-

• 400 g fusillipas­ta • 250 g swoerdlose spek, gekap • 250 ml ertjies • 250 g ricottakaa­s (of roomkaas) • 30 ml vars suurlemoen­sap • sowat 125 ml mentblare en ertjielote, grofgekap • gerasperde parmesaank­aas vir opdiening

1 Kook die pasta in soutwater tot al dente; dreineer. 2 Braai die spek in ’n braaipan tot bros (voeg ’n skeutjie olie by indien nodig). Voeg die ertjies by en roerbraai tot gaar. Roer die ricotta, suurlemoen­sap, mentblare en ertjielote by, geur met sout en swartpeper en meng dit deur die gaar pasta. Sprinkel die gerasperde parmesaan oor en sit voor.

Gevulde varksteak

Onder R150 • Genoeg vir 4 • Gaarmaakty­d: 45 minute Bereidings­tyd: 25 minute • Oondtemper­atuur: 200 °C

• 4 varksteaks (3 cm dik) • skil van 1 suurlemoen • sowat 400 g babaspinas­ieblare, geblansjee­r en verfris in koue water • 4 Laughing Cowroomkaa­swiggies

• 15 ml olyfolie • 3 preie, gekap • 1 knoffelhui­sie, gekap • 2 blikke botterbone, afgespoel en gedreineer • 200 g kersietama­ties

1 Sny ’n gleuf in elke steak en geur dit oraloor met sout, swartpeper en gerasperde suurlemoen­skil. Deel die spinasie in vier en draai elke kaaswiggie met die blare toe om ’n pakkie te vorm. Druk een pakkie in elke gleuf en maak dit met ’n peuselstok­kie toe. 2 Verhit ’n braaipan. Voeg die olie by en braai die steaks vetkant eerste en dan alkante tot goudbruin. Skep dit uit en braai die preie en knoffel in dieselfde pan tot glansend. Meng dit deur die boontjies en skep in ’n oondbak. Rangskik die steaks en tamaties bo-op en bak dit in ’n voorverhit­te oond teen 200 °C vir sowat 20 minute of tot gaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa