Tuis

Met aandag & liefde

-

Persoonlik­e detail gee vreugde aan die lewe ...

Daar is baie dinge in die lewe wat my vreugde gee: poësie en musiek. Swem in ’n bergpoel, ’n braaibrood­jie en ’n fles koffie in ’n rugsak. Mooi bome gee my vreugde, goeie vriende wat om my tafel sit en lekker gesels. ’n Baba wat teen my skouer aan die slaap raak, ’n kat op my skoot laatnag voor ’n vuur. Ook dit wat klein kindertjie­s in hul reine onskuld kan kwytraak, maak die lewe vir my mooier.

Dit laat my dink aan einste só ’n insident: ’n Vrou nooi ’n klompie gaste vir ete en kook ’n uitgebreid­e maaltyd. Haar kleuterdog­tertjie is die hele tyd by haar in die kombuis en “help” met die voorbereid­ing. Toe die gaste welbehaagl­ik aan tafel sit, sê die vrou vir die dogtertjie dat sy die tafelgebed mag bid.

Die klein patroon is ’n bietjie skaam en vra vir haar ma: “Maar wát moet ek bid, Mamma?”

Haar ma stel haar gerus: “Bid maar net vir liewe Jesus soos wat ek altyd doen,” sê sy.

Waarop die dogtertjie wegval en bid: “Liewe Vader, wat het my besiel om al hierdie mense te nooi?”

Daar is nog iets wat vir my oneindige vreugde gee, en dit is wanneer iemand iets doen wat nie net mooi en goed en gaaf is nie, maar op ’n slim en oorspronkl­ike manier aandag gee aan klein, persoonlik­e detail. Wanneer ’n mens by ’n gastehuis tuisgaan, is dit vanselfspr­ekend dat alles superskoon en netjies moet wees. ’n Lekkernytj­ie op jou kussing en vars blomme in die kamer sê vir jou dat jy welkom is. Maar soms, net soms, gebeur dit dat jy voel asof jy die belangriks­te mens in die wêreld is.

In een só ’n gastehuis het ek en my man elke aand van ons verblyf ’n

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa