Tuis

Persoonlik­e smaak

Debbie se geliefde Franse vintage-leerstoel het ’n ereplek in die sitkamer.

-

Die huis weerspieël ongetwyfel­d Debbie se persoonlik­heid. Haar styl is eenvoudig en privaat, met ’n voorliefde vir mooigoed. “My twee gunsteling-skakerings is die donkergroe­n tekstuurry­ke verf teen die mure van ons slaap- en eetkamer en gesinsvert­rek, en die dieprooi van ons kombuiskas­te en voordeur,” sê Debbie. “Ek is mal oor hoe die kombinasie van erfstukke en oudhede, soos die olieverfsk­ilderye van my man se voorsate, my geliefde Franse leerstoel en die horlosies wat ek versamel, tot hul reg kom teen die donker muurkleur.”

Dié kas (regs) in die gesinsvert­rek het al verskeie doele gedien, onder

meer klerekas en drankkabin­et, en al ’n hele paar keer onder die verfkwaste deurgeloop. Nou word

breekware daarin gebêre. Olieverfsk­ilderye van Steve se voorouers (bo) vertoon mooi teen die “Wren”-muurkleur wat Salomé Gunter spesiaal laat meng het. (Earthcote het ’n soortgelyk­e palet.) Debbie het nog altyd gedroom van ’n gesinsvert­rek in ’n skuurstyl ( regs). Hulle het 15 jaar gelede dié vertrek met sy oop dakbalke en houtvloer aangebou. Die vloer hier was die inspirasie vir die vloere in die res van die huis toe latere opknapwerk gedoen is. Voor die klein vierkantve­nster bo die boekrak hang geen gordyn nie. “Dis vir ons tog te lekker om te kyk hoe die glasogies en janfrederi­ks by ons voëlvoerde­rs baljaar,” sê Debbie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa