Tuis

Vra die kenners

Wil jy graag jou sementvloe­r verf, of wonder jy oor sekuriteit vir jou stoep? Vra net – ons kry die antwoorde.

-

Vloere: verf of sement?

Leandra Clifford-Spies van Moreletapa­rk skryf Ons het ons huis se teëls uitgekap en wil graag sementvloe­re hê, maar ons begroting is knap. Ons wil nie die rou sementkleu­r hê nie – eerder wit, grys of ligblou. Het julle enige raad? En waarmee kan ons die vloer seël om dit te laat blink?

Karin Cronje van Hands On Creative Building & Management antwoord Daar is verskillen­de maniere om ’n mooi sementvloe­r te kry. Vanweë die kleurskema (grys, wit of ligblou) wat julle wil hê, gaan dit nie werk om ’n kleurpigme­nt by d die sementmeng­sel te voeg nie. Dié pigment is te lig om die kleur van rou sement te verander. Julle het twee opsies: Opsie 1 Wend ’n lagie wit sement, gemeng met ’n blou of swart pigment, ná die tyd booor die grys sement aan met ’n troffel. Dié lagie kan dan met ’n poliuretaa­n-seëlaar afgerond word vir ’n blink voorkoms. Onthou: Gebruik kenners om dié sementlaag korrek aan te wend. Opsie 2 Verf die vloer met Plascon Floor Paint – die kleurkeuse­s is oneindig! Dié opsie is boonop die goedkoopst­e én julle kan dit self doen.

Ongeag watter opsie julle kies, moet julle eers die vloer goed voorberei. As julle die teëls en teëlgom afgekap het en die oppervlak is redelik gelyk, kan julle ’n selfnivell­erende (“self-levelling”) afvlaklaag aanwend. As die oppervlak baie ongelyk en vol groter gate is, sal julle ’n sement-ensandmeng­sel (“topping”) van ongeveer 20–25 mm moet aanwend om ’n goeie, duursame vloeropper­vlak te verkry. Sodra die vloer mooi glad, gelyk en droog is, kan julle enige van bostaande metodes volg. KONTAK 083 277 3166

kenners@tuis.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa