Tuis

Naweekinsp­irasie

-

Afvlak-nagmerrie

Tania Heurtaux van Gauteng skryf Ek het ’n afgevlakte vloer in my kombuis. Die kontrakteu­rs wat die vloer gelê het, het klaarblykl­ik geen benul gehad hoe hulle met die produk moet werk nie. Nou sit ek met ’n gevlekte vloer met ongelyk dele waarin vullis versamel. Kan die vloer oorgedoen word, of wat is die oplossing?

Joanne Sykes, bemarkings- en verkoopbes­tuurder by Cemcrete, antwoord ’n Mens kan beslis so ’n vloer oordoen, mits die afvlaklaag van goeie gehalte is. Daarby moet jy genoeg diepte hê vir ’n nuwe bolaag van minstens 4 mm dik. Die ongelykhed­e in die oppervlak sal verdwyn, en is nie ’n probleem nie. Volg bloot dié stappe: 1 Skuur die oppervlak gelyk met ’n metaalskyf (“metal cup disc”). 2 Seël dit met Cemcrete se Concrete Floor Primer. 3 Wanneer dit heeltemal droog is, wend ’n dun, duursame sementlaag aan, soos Cemcrete se FloorCrete of CreteCote, wat in verskeie kleure beskikbaar is. Volg die aanwysings op die produk. 4 Volgende moet die nuwe sementlaag geseël word om die vloer teen vlekke en merke te beskerm. Waarmee jy seël, hang af van die produk wat jy in stap 3 gebruik het. Lees die aanwysings vir opsies. 5 Wend laastens Cemcrete se instandhou­dingsprodu­kte (CreteCare Mop&Shine of CreteCare Floor Polish, of albei) aan om jou nuwe vloer vir etlike jare te beskerm. KONTAK cemcrete.co.za >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa