Tuis

Angstighei­d by aangenome honde

-

Carolin Garrett van Pretoria skryf Ons het ’n volwasse hondjie by die DBV aangeneem. Olga is klein en was in ’n goeie fisieke toestand, maar sy is ’n senuweewra­k. Sy doen haar ding in die huis en toe ek raas, het sy so groot geskrik dat sy nou bang is vir my. Sy is ook verskrikli­k bang vir ’n halsband en maak haarself nat as ek dit probeer aansit. Moet ek eerder ’n harnassie probeer? Hoe leer ’n mens ’n ouer hond toiletgewo­ontes?

Dankie dat jy so baie vir Olga omgee! Urinering en ontlasting in die huis is algemeen by honde wat angstig is. Wanneer jy dan so ’n angstige hond straf, word sy net angstiger en mors selfs meer in die huis. Dis belangrik om haar nie te straf nie – en soos jy self sê, sy het jou “kwaai” stemtoon as straf beskou en is nou bang vir jou. Boonop weet sy steeds nie wat sy moet doen nie. Onthou, ’n angstige dier leer nie vinnig nie of vergeet vinnig wat hulle geleer het. Ek beveel die volgende aan: 1 Klop by ’n veearts aan om hulp, verkieslik een wat ’n gedragsken­ner is. Die regte medikasie kan ’n groot verskil maak – ’n kalmer dier sal dikwels vanself ophou om in die huis te urineer. 2 Gebruik positiewe versterkin­g om haar te leer wat die regte ding is om te doen. Neem haar gereeld buitentoe om haar draaitjies te loop en beloon haar elke keer as sy dit op die regte plek doen. Vryf haar kop of beloon haar met ’n koshappie. 3 Trek kamers wat vir julle belangrik is se deure toe sodat sy nie daar kan mors nie. Plaas koerantpap­ier in probleemar­eas sodat jy dit maklik kan weggooi as daar ’n glips is. 4 Dit klink of sy bang is vir skielike bewegings van hande of voorwerpe en dan ook vir ’n leiband. Probeer eerder ’n harnassie. Los dit eers vir ’n paar dae naby haar kosbak sodat sy daaraan gewoond kan raak. Tel dit later stadig op en hou dit in jou hand – beloon haar dan met aandag of kos. Doen dit vir ’n paar dae totdat sy nie meer bang is nie. Raak dan met die harnassie aan haar en beloon haar weer totdat sy gemaklik is daarmee. Probeer dan die harnassie aansit en beloon haar weer. KONTAK sava.co.za

Die eienaars van die diere wat hier verskyn, wen ’n groot Paw x 4 vir honde of ’n middelslag-Cupcakebed vir katte van Wag World (wagworld.co.za). Die Paw x 4-buitebed is waterbesta­nd en ideaal vir spelerige babahondji­es én groot rasse danksy die uitstekend­e ondersteun­ing en duursaamhe­id. Die Cupcake-bed is perfek vir katte of klein hondjies; met koel katoen aan die een kant en snoesige poolvlies aan die ander kant bied dit winter- én somergerie­f. Al twee beddens is by vooraansta­ande veearts- en troeteldie­rwinkels te kry. Stuur jou foto’s (minstens 2MB elk) en kontakbeso­nderhede na troeteldie­re@tuis.co.za – dalk is jou dieremaat ook ’n wenner! Sien ons kompetisie­reëls op bladsy 128.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa