Tuis

’n Kenner se raad

-

Die fuchsia-entoesias prof. Jan Wiggelinkh­uizen van Blouberg kweek al 20 jaar fuchsias. Vandag is daar in sy en sy vrou, Dermine Maytham, se huis ’n oorvloed van dié blomme. Dit het als begin by net een mandjie met ’n ‘Jingle Bells’fuchsia.

“Nadat ons kinders uit die huis is, het ons Blouberg toe getrek na ’n veel kleiner erf,” vertel prof. Jan. “Ek het eers bonsais gekweek, maar ek moes hulle aan ’n drup koppel wanneer ons vir ’n naweek weggaan sodat almal die regte hoeveelhei­d water kon kry,” spot dié afgetrede pediater.

“Daardie eerste ‘Jingle Bells’ het net aanhou blom. Toe sluit ons by die Wes-Kaapse Fuchsia-vereniging aan, en van daar het dit vlamgevat. Ons het ’n groter verskeiden­heid begin koop en self die plante begin kweek.”

Dié twee entoesiast­e gaan gereeld met hul plante skou. “Ons moes al ’n bakkie huur om die tot 60 plante te vervoer waarmee ons by Kirstenbos­ch geskou het. Later het ons al om die ander jaar geskou, want dit was ’n reusetaak om veral die welige hangmandji­es ongeskonde daar te kry. Ons beplan om vanjaar weer deel te neem.”

Komende skoue

• Fourways Fuchsiaklu­b: 5 en 6 Desember by die Colourful Corner Nursery in Randburg. • Wes-Kaapse Fuchsia-vereniging: 12 en 13 Desember in die Sanlamsaal, Kirstenbos­ch. Vir meer inligting, kontak marleen.bilas@gmail.com of besoek safuchsias.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa