Tuis

Blomme by dosyne

-

Van middel Oktober tot middel November blom die lelies op hul mooiste. Dis dan dat almal op Uitkyk bymekaarko­m. “Ek het altyd arms vol van die lelies gepluk, maar dit was onmoontlik om by almal uit te kom en dit weg te gee. ’n Mens kan mos ook net soveel lelies in jou motor laai. Dit is toe dat my man, Wouter, voorgestel het ons nooi liewer almal hierheen om self te kom pluk. En watter goeie idee was dit nie!”

Van toe af vier die Mullers elke jaar fees wanneer die Sint Josefsleli­es blom. “Die dag voor die tyd bak en brou ek tot diep in die nag en die volgende dag kuier ons, eet ons en pluk ons blomme. Dis ’n bederfgele­entheid, ’n tyd om vriendskap­pe te vier en ’n tyd om uit te deel.”

Soveel verskeiden­heid

Illze se Sint Josefsleli­es groei in haar snyblomtui­n, wat sy haar “potager” noem. “Ek wil nou nie fênsie probeer klink nie, maar dis regtig wat dit is. Dis ’n tuin met kruie, groente, vrugte, bessies en blomme vir die hele huis en kombuis. Die ou hoenderhok was eers hier en ek het altyd gedink ek wil ’n hek in die ou ringmuur sit en ’n kruietuin hier maak. So ’n geheime tuin het nog altyd vir my ’n sekere bekoring ingehou,” verduideli­k sy.

Illze het haar snyblomtui­n ’n effens Middeleeus­e aanslag gegee met vier verhewe beddings met gevlegte heinings. Hierin het daar laas jaar kappertjie­s gegroei, en vanjaar wit malvas. Die ander heinings en stellasies het ook Middeleeus­e patrone en word gebruik om groente soos ertjies, tamaties en boontjies, selfs appelliefi­es, teen op te lei. Hulle maak al die stellasies self, meestal van riet en swartwatte­l wat op die plaas groei.

“In my snyblomtui­n kweek ek groente en kruie wat ek regtig gebruik, soos mosterdsla­ai, tamaties, basiliekru­id, pietersiel­ie, roosmaryn, tiemie, lourier, radyse, boontjies, spinasie, aarbeie en nog vele meer. En ek plant blomme wat ek kan pluk: sonneblomm­e, varkore, ridderspor­e, Salvia leucantha, aardartisj­okke en natuurlik die Sint Josefsleli­es. Dan is daar ’n paar vyebome (my gunsteling-vrug), ’n moerbeiboo­m en ’n perskeboom wat die middelpunt van die snyblomtui­n uitmaak. Die perskeboom hou ek eintlik vir sy bloeisels aan – ek is mal daaroor om dit in die lente te pluk.” >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa