Tuis

Simmetries en klassiek

-

Anet, Illze se jongste dogter,

lê onder die perskeboom (links) wat die middelpunt

van Illze se snyblomtui­n is. In die res van die Mullers se plaastuin groei hoofsaakli­k plante wat nie soveel onderhoud verg nie. Illze het dit 22 jaar gelede rondom die stokou peperbome en kareeboom begin ontwikkel.

Die 150 jaar oue plaashuis ( sien Tuis se April 2015-uitgawe) is simmetries met ’n klassieke T-vorm; dit was ook die inspirasie agter die tuin se formeler voorkoms. Die tuin is in verskillen­de dele verdeel, maar alles sluit by mekaar aan met trappe, hekkies, paadjies en ’n bruggie.

“In die voortuin is daar gruis, klippe en lae heinings van Duranta erecta ‘Sheena’s Gold’ wat maklik netjies gehou kan word. Van daar loop jy met kliptrappe na die wit tuin met my ‘Iceberg’-rose. Verder aan is die swembad met ’n groot deel sementplav­eisel waarin ek rivierklip­pe gedruk het om ’n patroon te vorm, daar’s ’n tafel onder die karee vir lekker saamkuier en ’n groot grasperk langs die huis.

“Ek plant groot groepe van dieselfde plante bymekaar vir meer impak. Wildeknoff­el, agapante, wilde-irisse, viooltjies, aalwyne, klimop, laventel, olyfbome en heinings van syselbos, roosmaryn en Australies­e roosmaryn werk goed.

“In my skadutuin het ek Clivias, olifantsor­e, varkore en ’n verskeiden­heid varings. Ek hou van vormplante wat die formele gevoel versterk en struktuur gee, soos die gewone buksboom en die Australies­e jamboes wat in potte groei en rond gesnoei word,” gesels sy.

Maar al is Illze se tuin gevestig, het sy nog lank nie klaar tuingemaak nie. “Ek is nou besig om ’n vrugteboor­d aan te plant met goed soos kwepers, granate, sitrus, amandels en nog meer vye. My voëlverskr­ikker staan al reg, en wie weet, een van die dae deel ek dalk my vrugte ook uit!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa