Tuis

Illze se raad

-

Vir snyblomme • Beplan jou tuin só dat jy plante het wat in verskillen­de tye van die jaar blom; so sal jy altyd iets hê om te pluk. Ek probeer beplan dat daar elke maand iets blom. As daar niks blomme is nie, pluk ek takke en blare en sit dit in die huis. • Plant snyblomme en kruie in blokke of rye. Dit maak die versorging en pluk daarvan makliker. Wanneer alles afgepluk is, kan die hele blok weer voorberei en van nuuts af besaai of beplant word. • Pluk vroegoggen­d. Ek dra my emmer met water saam en sit die blomme dadelik daarin sodat die stele nie uitdroog nie. Vir Sint Josefsleli­es • Wanneer ek die Sint Josefsleli­es verplant (so elke twee tot drie jaar), bemes ek die grond goed met fyn beesmis. Uitkyk is ’n melkplaas, en hier is dus baie beesmis. Sorg dat die grond goed dreineer – die bolle sal verrot as dit te nat bly. En moenie die bolle te diep plant nie. Bedek dit met sowat 3–5cm grond. • Kyk uit vir slakke wanneer die blomkoppe begin vorm, want hulle kan die blomme baie beskadig. Maar buiten die slakke is hulle redelik bestand teen plae en siektes. • Dié wat ek nie afpluk nie, los ek net so aan die plant totdat hulle self afval. In die bol se rustende fase in die winter gee ek dit baie min water. • Sint Josefsleli­es hou baie lank as dit gepluk word wanneer die knoppe net-net wil oopgaan. En hou die water in die blompot mooi skoon, dan hou die blomme ook baie langer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa