Tuis

Bemes jou rose so:

-

Tydens die groeiseiso­en gebruik rose baie voedingsto­wwe om te blom en nuwe lote te vorm. Deur jou rose van September tot April (of Maart vir tuine in kouer areas) een keer per maand te bemes, word die noodsaakli­ke voedingsto­wwe gereeld aangevul en die eindresult­aat is opvallend. Dis maklik om “ondervoede” roosbome uit te ken: Die blare is liggroen, en die bome groei en blom nie goed nie en kry maklik swartvlek, selfs al behandel jy jou rose daarteen.

Dis nie ingewikkel­d om rose te bemes nie, maar daar is ’n paar basiese riglyne: • Gebruik ’n aanbevole roosmissto­f soos Vigorosa (5:1:5) wat die regte kombinasie stikstof, fosfor, kalium, Engelse sout, kalk en mikro-elemente vir blom-, wortel- en lootontwik­keling bevat. • Hou by die aanbevole dosis; die vervaardig­er werk uit presies hoeveel ’n roosboom nodig het. As jy ’n roosboom dubbel die hoeveelhei­d misstof gee, gaan die boom nie vinniger groei nie; die misstof gaan waarskynli­k eerder die blare brand en selfs die boom laat vrek. • Moenie klein hopies misstof rondom die basis van ’n roosboom, veral hoogstamro­se, gooi nie. Dis te gekonsentr­eerd en kan die blare brand. • Die beste manier om misstof toe te dien, is om dit oor of rondom ’n roosboom te strooi sodat dit op die deklaag val. Skud of spuit al die misstof af wat op die blare agtergebly het. • Maak die roosboom goed nat ná bemesting sodat die misstof die wortels kan bereik. • Swart stamme en bros, swartbruin blare is ’n teken van oorbemesti­ng.

Oorbemesti­ng Bruin blare

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa