Tuis

Arancini-ryshappies

-

Tradisione­el word dié Siciliaans­e happies met kaas gevul. Ek het die idee om die rys met die kaas te men meng en dan met chorizo te stop by die blogger Fritz Brand van realmencan­cook. realmencan­cook.co.zaco. za gekry. Glo my, dis verrukli verruklik.

Genoeg vir 24 bolletjies Bereidings­tyd: 1 uur 15 minute Gaarmaakty­d: 40 minute

• 15 ml elk botter en olyfolie • 24 blokkies chorizo, elk sowat 1 cm groot • 1 salot of uitjie, gekap • 1 knoffelhui­sie, gekap • 250 ml arboriorys

• 60 ml witwyn • 3 ml borrie • 1 lourierbla­ar • 1 liter warm aftreksel • 180 ml gerasperde mozzarella • 125 ml fyngeraspe­rde parmesaank­aas • 250 ml meel • 2 eiers, geklits • sowat 300 ml droë broodkrumm­els • olie vir diepbraai

1 Verhit die botter en olie saam en braai die chorizo tot bros. Skep dit u uit, maar behou die geurige olie. Braai nou die ui en knoffel saam in dieselfde pan tot glansend. Voeg die rys by en roer totdat al d die korrelsk l met t olieli b bedekd k i is en ’ ’n bi bietjietji gebraaib ih het.t 2 Voeg die wyn by en kook vinnig totdat al die wyn geabsorbee­r is. Voeg die borrie en lourierbla­ar by. Skep nou die warm aftreksel lepel vir lepel by en roer af en toe totdat die rys al dente is. Roer die kaas by en verwyder van die hitte. Sprei die rys uit in ’n plat bak sodat dit vinnig kan afkoel en nie aanhou stoom nie. 3 Rol die afgekoelde rys in okkerneutg­root bolletjies en druk ’n stukkie chorizo in elkeen. Rol dan die bolletjies in die meel, eier en laastens in die krummels. 4 Verhit die olie in ’n kastrol en diepbraai die bolletjies tot goudbruin. Dreineer op kombuispap­ier en sit warm voor met jou gunsteling gunsteling-mayonnaise. mayonnaise.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa