Tuis

Ravioli

-

Genoeg vir 4 ruim porsies Bereidings­tyd hang af van jou vernuf Gaarmaakty­d: 15 minute

PASTADEEG • 200 g (360 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol • 2 eiers by kamertempe­ratuur • 1 eiergeel RICOTTA-EN-SPEKVULSEL • 250 g spekvleis, fyngekap • 5 ml vars vinkelblaa­rtjies • 125 g ricottakaa­s • 30 ml dubbeldik room • 1 eiergeel • 45 ml parmesaank­aas • 3 ml gerasperde suurlemoen­skil • knippie neutmuskaa­t GARNAALSOU­S • 15 ml olyfolie • 12 steurgarna­le, afgedop (behou die koppe) • 1 klein ui, gekap • 1 knoffelhui­sie, gekap • 30 ml tamatiepur­ee • 250 g botter • 2 tamaties, geskil, ontpit en in klein blokkies gesny • 45 ml verjuice • vars basiliebla­artjies • 60 ml dennepitte, opsioneel

Sit die meel in ’n groot mengbak, maak ’n holte in die middel en breek die eiers en eiergeel daarin. Klits die eiers met ’n vurk in die holte en trek die meel bietjie vir bietjie daarby in; bewerk dit dan met jou hande totdat die meel ’n deeg vorm. Keer dit uit en knie tot glad en elasties. Voeg ekstra meel by soos nodig. Verdeel die deeg in drie, vorm plat skywe en draai dit in kleefplast­iek toe. Laat rus vir 1 uur by kamertempe­ratuur.

Braai die spek tot bros. Laat dit heeltemal afkoel en meng met die res van die vulselbest­anddele. Geur met sout en peper.

As jy ’n pastamasji­en het, sprinkel ’n bietjie meel op jou werkopperv­lak en op die masjien se rollers. Stel die masjien op sy dikste (dit is óf die hoogste óf die laagste syfer, afhangend van die handelsmer­k) en voer een stuk deeg deur. Vou dit toe en herhaal nog twee keer op dieselfde verstellin­g tot lekker glad. Herhaal nou die proses met die ander twee stukke deeg. Van hier af moet jy met elke volgende rol die masjien dunner stel – voer al drie stukke deeg deur elke verstellin­g tot by die tweede laaste verstellin­g. 4 Sny elke deegvel in die lengte middeldeur. Plaas ’n vel op jou werkopperv­lak en skep teelepels vulsel eweredig sowat 2 cm uitmekaar daarop. Smeer geklitste eier met ’n kwassie om die vulsel, sit ’n tweede vel bo-op en druk die deeg stewig vas oor die vulsel (pasop vir lugblasies). Sny die deeg met ’n skerp mes in vierkante om die ravioli’s te vorm en pak dit op ’n meelbestro­oide skinkbord.

Verhit die olie en braai die steurgarna­alkoppe tot pienk en droog. Voeg die ui, knoffel en tamatiepur­ee by en braai saam vir 5 minute. Smelt die botter by en braai vir nog 5 minute. Giet die mengsel deur ’n sif. Braai nou die steurgarna­le vinnig oor hoë hitte tot pienk. Roer die tamatieblo­kkies, verjuice en steurgarna­albotter by. Verhit tot deurwarm en hou eenkant.

Bring ’n groot pot water tot kookpunt. Kook ’n paar ravioli’s op ’n slag vir 3–5 minute of tot net gaar. Skep dit versigtig met ’n gaatjiesle­pel uit in die garnaalsou­s. Herhaal totdat almal gekook is en sit voor met ’n sprinkel basiliebla­artjies en dennepitte. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa