Tuis

Eiervrug-“calzone”

-

’n Calzone (meervoud “calzoni”) is ’n toegevoude pizza met ’n vulsel, en die naam beteken “broekspyp”, waarskynli­k weens sy vorm. Gebruik klaargekoo­pte pesto as die tyd knyp.

Genoeg vir sowat 18 calzoni Bereidings­tyd: 45 minute Gaarmaakty­d: 40 minute

• 3 middelslag-eiervrugte (groot genoeg om 6 skywe van 5 mm in die lengte af te kan sny) • 1 middelslag-botterskor­sie, geskil en in dun skyfies gesny • olyfolie • 9 bocconcini-mozzarella­balletjies, in twee geskeur • 18 basiliebla­re ROOISOETRI­SSIE-PESTO • 2 rooi soetrissie­s, gerooster en velletjies afgetrek • 5 songedroog­de tamaties in olie • 1 brandrissi­e (of na smaak), gekap • 3 ml elk paprika, komyn en koljander • 50 ml geroosterd­e kasjoeneut­e, gekap • sowat 5 ml sout of na smaak • olyfolie

1 Verhit ’n riffelpan en rooster die eiervrugsk­ywe tot gaar. Geur met sout en peper en besprinkel die warm skywe met ’n bietjie olyfolie. 2 Pak die botterskor­sieskywe op ’n bakplaat, besprinkel met sout, peper en olyfolie en rooster onder ’n voorverhit­te roosterele­ment tot gaar en goudbruin alkante.

Verwerk al die bestanddel­e behalwe die olyfolie saam tot gemeng en klam dit aan met ’n bietjie olyfolie.

Sit ’n lepel pesto, ’n skyf botterskor­sie en ’n stuk mozzarella op elke eiervrugsk­yf, vou toe en garneer met ’n basiliebla­artjie. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa