Tuis

Sappige hoender met vy-en-groenolyf-tapenade

-

• 6 ontbeende, vet hoenderbor­sies met die vel aan • olyfolie • sap van 3 suurlemoen­e • olyfolie • ekstra suurlemoen­sap • heuning • harissapas­ta vir voorsit skil af en verdeel in segmente • 500 ml droë swartvye, vir 20 minute in kookwater geweek • 125 ml pitlose groen olywe (hou ’n paar vir garnering) • ’n hand vol pietersiel­ie, gewas • olyfolie

1

Sit die hoender in ’n plastiekba­k. Giet ruim olyfolie en suurlemoen­sap oor en marineer oornag in die yskas.

2 Maak die tapenade

Verwerk die knoffel, ansjovis, suurlemoen­skil en -segmente om ’n dik sous te vorm. Voeg die vye, olywe en pietersiel­ie by en pols tot gemeng. Voeg net genoeg olyfolie by om die mengsel glad te maak en die smake te kombineer. Proe, proe en proe totdat dit net reg is.

Dreineer die hoender en pak dit in ’n oondbak. Skep genoeg tapenade oor (die oorskiet sal tot twee weke in die yskas hou;

3

bedek dit net met ’n bietjie olyfolie). Giet sowat 100 ml olyfolie oor. Druk ook die sap van ’n halwe suurlemoen en ruim heuning oor – dit word ’n balans tussen soet, sout, en later met die harissa, branderig. Bak in die oond vir 20 minute teen 180 °C, en dan onder die roosterele­ment vir 10 minute. Laat rus voordat jy dit opsny. Sit voor met ekstra olywe, harissa-pasta en ’n verskeiden­heid slaaie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa