Tuis

Sit-sit so

Op die Oos-Kaapse dorpie Rhodes is dit in Februarie tyd vir die jaarlikse Stoepsitfe­es.

-

En dan doen almal presies dit. Plaaslike inwoners – en besoekers van heinde en ver – loop van huis tot huis, en sit op stoepe. Ek dreig al lankal om te gaan saamsit, want die gedagte daaraan maak my baie opgewonde.

Die Stoepsitfe­es, so lees ek, is ’n reuse-sukses. En dis ook geen wonder nie. Soos die stigter van die fees, Dave Walker, een keer in ’n koerant verduideli­k het: “Skinder en stories uitruil op die stoep is so Suid-Afrikaans soos biltong, braai en die Bokke.”

Self kon ek dit nie beter stel nie. Want ook op my stoep word daar gereeld gekuier, en ja, geskinder. (As ek nou net die buurvrou so ver kan kry dat sy haar koorsboom snoei, sou ek selfs die uitsig kon waardeer, maar dis ’n storie vir ’n ander dag.) En synde ek klaar so lekker kuier op my eie stoep, moet ek dalk my eie stoepsitfe­es begin?

In dié uitgawe is stoepe ons sentrale tema – van die drie leserhuise wat almal uitloop op hul eie kuierstoep­e, tot die stoepstori­e (kyk op bl. 54) vol inspirasie oor hoe jy jou stoep slim en gesellig kan inrig. Een van die stoepe was ’n inskrywing vir ons jaarlikse Regruk met

Flair- kompetisie, en hoewel ons meestal dié projekte in die jaarlikse bonusuitga­we Tuis Opknap (te koop einde Oktober) wys, was die De Klerks van Hartbeespo­ort se salige stoep reg rondom hul huis net te mooi om nie in Tuis te wys nie.

Op ’n heel ander noot: In April vanjaar het ons Illze Muller en haar gesin van Herbertsda­le se huis gewys – maar ons het November verlede jaar al met haar kennis gemaak, net toe haar Sint Josefsleli­es op hul mooiste was. Sy is ’n kranige tuinier, en die foto’s wat sy ’n jaar terug vir ons gestuur het van haar geil tuin en die bosse lelies wat vriendinne hierdie tyd van die jaar kom pluk, het ons eenvoudig oorrompel. Ons wou wag tot blomtyd voor ons die tuinfoto’s wys, en hier is dit nou – verlustig jou op bl. 96.

Dié storie is veel meer as ’n lesertuin; dis ’n viering van vriendskap en saamwees. Lekker lees – en kyk!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa