Tuis

Vars idees met ’n skoot helder kleur

’n Spatsel helder kleur is ’n heerlike energie-inspuiting vir jou leefruimte.

-

1 Noot vir noot

Dié kleurvolle hoek in Ryno en Marita Palm se eetkamer is deur die bougainvil­leas van hul Kaapse buurt, Observator­y, geïnspiree­r. Marita se pa het ’n duikklop-ondernemin­g en het die ou klavier profession­eel gespuitver­f. “Ons kinders het van kleins af alles by hom laat verf in ruil vir ’n koeldrank en ’n burger,” sê sy. Die warm pienk (Dulux 32RR 26/413) kontrastee­r mooi met die koel turkoois (Dulux 30BG/207) muur. Terloops, hou dié idee maar liewer vir daai ou honkietonk; nie vir ’n kosbare erfstuk nie.

2 Hallo, sonskyn

’n Goudgeel voordeur sê dadelik welkom en lyk prettig, sê die interieur-ontwerper Claudia Fabian van Mer Design, wat die Plascon-kleur Sunkissed (Y3-A1-2) vir die voordeur van Ilana en André Joubert se West Beach-huis gekies het. “Ilana wou ’n speelse, informele leefruimte hê en ek het spatsels geel gebruik wat jou heelpad van die voordeur na die agterstoep lei,” verduideli­k Claudia. Spuitverfw­erk deur Bellacraft; dekor en ontwerp deur Mer Design

3 Slim kopstuk

’n Gehawende kopstuk lyk weer splinternu­ut danksy plakpapier. Die kreatiewe huiseienaa­r het ’n blou origami-voëlmotief gekies om by haar seewoonste­l te pas – én omdat sy dol is oor alles wat Japannees is. Die plakpapier begin op die muur links van die bed, wat die kopstuk groter laat lyk. Die spatsels geel van die kanttafel en taxi-lamp – tweedehand­se vondste – skep ’n bietjie warmte by die koel blou-en-wit palet. Origami-plakpapier spesiaal gedruk deur ArtLab; deken van Weylandts; bedlamp van Woolworths; houtmotor van Present Space; haas-muurlamp deur Brett Murray van African Image

 ??  ??
 ?? Deur Marian van Wyk Foto’s Francois Oberholste­r ??
Deur Marian van Wyk Foto’s Francois Oberholste­r
 ??  ?? VERSKAFFER­S African Image 021 423 8385, african-image.co.za ArtLab 021 448 1421, artlab.co.za Bellacraft 021 931 1117, bellacraft.com Mer Design 082 332 2291, merdesign.co.za Present Space 021 422 2462 Weylandts 0860 103 400, weylandts.co.za Woolworths...
VERSKAFFER­S African Image 021 423 8385, african-image.co.za ArtLab 021 448 1421, artlab.co.za Bellacraft 021 931 1117, bellacraft.com Mer Design 082 332 2291, merdesign.co.za Present Space 021 422 2462 Weylandts 0860 103 400, weylandts.co.za Woolworths...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa