Tuis

Kortpadkos Aandete in ’n japtrap

Vinnig en maklik, perfek vir die somer.

- Deur Johané Neilson • Foto’s Francois Oberholste­r 1

Bobotie frikkadell­e

Onder R90 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 20 minute Braaityd: sowat 20 minute • 30 ml olyfolie • 125 ml melk • 1 ui, gekap • 500 g maalvleis • 45 ml Mrs Ball’s-blatjang • 4 hardgekook­te eiers • 30 ml kerriepoei­er • geelrys en tamatiesla­ai • 2 vars lourierbla­re, gekap vir voorsit • 2 snye witbrood, korsies af

1 Verhit die olie in ’n pan, braai die ui tot sag en roer die blatjang, kerriepoei­er en lourierbla­re by. Laat afkoel. Week intussen die brood in die melk tot sag.

2 Dreineer die brood en meng dit saam met die uiemengsel deur die maalvleis, geur met sout en peper en rol in happiegroo­t balletjies.

3 Braai die balletjies versigtig tot bruin en deurgaar (span die oond in as jy bang is die frikkadell­e breek in die pan). Sit voor met die eiers (in kwarte gesny), geurige geelrys en tamatiesla­ai.

Knoffelhoe­nder

Onder R100 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 10 minute plus marineerty­d (opsioneel) • Baktyd: 45 minute

• 8 hoenderstu­kke soos dytjies en boudjies • 250 ml ongegeurde jogurt • 30 ml suurlemoen­sap • 5 knoffelhui­sies, gekap • 15 ml paprika • 5 ml elk komyn en

koljander • 250 ml koeskoes of quinoa • 1 avokado, geskil en gekap • 250 g kersietama­ties, gehalveer • vars koljander

Maak drie insnydings in elke stuk hoender en meng die jogurt, suurlemoen, knoffel en speserye deur die hoender. Pak dit in ’n oondbak en bak in ’n voorverhit­te oond teen 180 °C vir sowat 45 minute of tot deurgaar en goudbruin. As jy tyd het, marineer die hoender vooraf in die yskas.

2 Maak die koeskoes of quinoa gaar volgens die aanwysings op die pakkie. Geur na smaak met sout en peper. Klam aan met van die geurige pansappe van die hoender en pak die avokado, tamaties en koljander bo-op. Sit dit voor saam met die hoender.

Bottergeba­kte vis en patat

Onder R100 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 10 minute Baktyd: sowat 35 minute

• 15 ml elk botter en olyfolie • 1 klein suurlemoen, skil en al in stukke gesny • 2 groot patats, in 1 cm-skywe gesny

• 4 x 200 g-porsies engelvis • 60 ml botter • 15 ml gekapte dille • 30 ml kappertjie­saad • ertjies, gaar gestoom

1 Voorverhit die roosterele­ment. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit. Meng die botter, olie en suurlemoen stukkies deur die patat. Sprei dit in die oondpan uit en rooster vir sowat 10 minute aan elke kant tot amper gaar en mooi goudkleuri­g.

2 Plaas nou die vis bo-op die patat, stip met die botter en sprinkel die dille en kappertjie­saad oor. Rooster die vis alkante tot goudbruin en gaar. Die dikte van die vis sal die gaarmaakty­d bepaal; hou maar fyn dop.

3 Strooi die ertjies oor en sit voor saam met ’n vars slaai. Geniet dadelik.

Steak-en-lensieslaa­i

Onder R120 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 10 minute Baktyd: 45 minute

• 600 g kruisskyf • 15 ml olyfolie • 30 ml chimichurr­isous (ons het Pesto Princess s’n gebruik) LENSIESLAA­I • 2 blikke lensies, gespoel

• 15 ml elk olyfolie en rooiwynasy­n • 5 radyse, gekap • 100 g olywe, ontpit • 180 g slaaiblare (gebruik ’n verskeiden­heid)

1 Vryf die steak in met die olyfolie, sout en peper en braai dit in ’n riffelpan tot goudbruin en so gaar soos jy daarvan hou. Smeer die chimichurr­isous mildelik oor, bedek met foelie en laat rus vir sowat 15 minute.

2 Maak die slaai Meng die lensies met die olyfolie, asyn, radyse en olywe, geur met sout en peper en skep dit in ’n mooi dienbord. Sny die steak in dun skyfies en skep bo-op, gevolg deur die blare.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa