Tuis

Vra die kenners

Soek jy skadu vir jou stoep, wil jy eksperimen­teer met inlegwerk of ’n verftegnie­k? Vra net – ons kry die antwoorde.

- Saamgestel deur Beatrice Moore-Nöthnagel

In die skadu

Rosemary Mason van Scottburgh skryf Ek is mal oor die bedekte stoep op bladsy 33 en die een op bladsy 117 van Tuis

Werf 2015. Ons stoep is bedek met ’n vinnig groeiende Thunbergia-klimplant, maar noudat ek nie meer hulp in die tuin het nie, wil ek dit vervang met latte of iets soortgelyk­s en dit bedek met deursigtig­e dakplate. Ek woon by die kus, so ek is ook bekommerd oor die hitte; die stoep is oop en kry smiddae volson. Watter soort skadulap kan ek vir koelte gebruik? Tessa van Wyngaarden van Coolaroo antwoord As jy ’n soliede bedekking soek, is stoepblind­ings ideaal om hitte uit te hou. Daar is baie verskillen­de style om van te kies en pryse wissel tussen R675 en R2 499 per klaargemaa­kte blinding, afhangend van die grootte.

As jy op soliede perspekspl­ate besluit, kan jy dit maklik bedek met ons skadulap wat 90% van die son se UV-strale uithou. Die skadulap is beskikbaar in vier kleure; kies ’n ligte kleur om jou stoep koeler te hou. Die materiaal is duursaam en bestand teen verwering weens UV-strale.

Ons Extreme Shade Sail is ’n wonderlike oplossing vir skadu oor ’n stoep, en dit vra min onderhoud. Nie net is dit uiters kostedoelt­reffend nie, dis ook ’n praktiese oplossing vir die kus. Dis gemaak van ’n duursame, gebreide materiaal, hou meer as 90% van die son se UV-strale uit, maar laat steeds lug deur, wat jou koel hou. Die lap is mufbestand en kan met ’n tuinslang skoongespu­it word. Die seil is ook só ontwerp dat dit kusgebiede se sterk wind kan hanteer.

Oorweeg dit om twee of meer skaduseile te laat oorvleuel om jou eie persoonlik­e styl te weerspieël en, natuurlik, meer skadu te skep. Dit kom in ’n verskeiden­heid vorms en groottes en pryse wissel van R1 199 tot R3 299 per klaargemaa­kte seil.

KONTAK 021 701 0787, coolaroo.co.za

 ??  ?? Het jy die 2015-uitgawe van Tuis Werf gemis? Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za, dan pos ons vir jou een.
Stuur jou vrae na
kenners@tuis.co.za
Die Van Nieuwenhui­zens van Pretoria het die houtbalke op hul stoep bedek met...
Het jy die 2015-uitgawe van Tuis Werf gemis? Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za, dan pos ons vir jou een. Stuur jou vrae na kenners@tuis.co.za Die Van Nieuwenhui­zens van Pretoria het die houtbalke op hul stoep bedek met...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa