Tuis

Ougoed of hougoed

- E-pos tuine@tuis.co.za

E-pos hougoed@tuis.co.za

Musiekfabr­iek

Marieta Liebenberg van Namibië skryf Ek besit die afgelope 30 jaar ’n Schiedmaye­r & Soehne Stuttgart-klavier. Agterop is daar ’n datum, 1901, en binne is daar drie verskillen­de wapens. Daar is ook ’n kaartjie wat aandui dat ene C.J. Pienaar dit op 12/6/1968 gestem het. Ons woon op ’n plaas in die Namibiese Kalahari en my dogter in die Kaap stel belang daarin. Het die 114 jaar oue klavier enige waarde?

Hans Heuer van Musikhaus W. Heuer antwoord In gewone spreektaal sal ons sê dié klavier is ’n “goeie ou vooroorlog­se Duitse regopklavi­er”. Wanneer ons so ’n klavier waardeer, neem ons hoofsaakli­k twee dinge in ag: Eerstens die waarde wat die klavier as musiekinst­rument mag hê wat betref sy speelbaarh­eid en klank, asook sy algemene strukturel­e en meganiese toestand; tweedens die waarde van die klavier as meubelstuk of ornament. Laasgenoem­de waarde is subjektief, omdat dit verband hou met wie die eienaars was, waar die klavier rondgetrek het en ander interessan­te geskiedkun­dige feite. Maar klaviere word besit om bespeel te word, en nie net om na te kyk nie.

’n Waardasie is net moontlik ná ’n tegniese ondersoek, veral van die struktuur en die meganisme (bewegende dele) binne-in die klavier.

Namibië het ’n baie strawwe klimaat wat allerlei gevolge kan hê. Die meeste klaviere in jul omgewing het ’n heelwat korter leeftyd as klaviere in byvoorbeel­d die Wes-Kaap. Tipiese probleme is los stempenne (die klavier kan dan nie meer gestem word nie) en gekraakte hout op die klankborde en brug. Dié skade kan die klavier onbruikbaa­r of baie duur maak om te herstel.

Laastens is dit belangrik om die diensgeski­edenis van die klavier na te gaan. Mnr. Pienaar was ’n klavierste­mmer wat destyds dié diens in Namibië verrig het.

As jou klavier geen strukturel­e skade het nie en gereeld gediens of gestem is, sal die markwaarde tussen R7 000 en R10 000 wees.

CIRCA 1901

WAARDE R7 000–R10 000 KONTAK wheuer.co.za

Wat ’n las!

Susana Costa van Nigerië skryf Wat kan ek gebruik om ontslae te raak van dié “indringer” wat die plante in my tuin doodmaak? Ek verwyder dit, maar die volgende dag groei dit net terug!

JJ antwoord Dis dodder, ’n plantparas­iet. Omdat dodder nie blare, en dus nie chlorofil, het nie (dis die stof wat groenighei­d verskaf), het gewone onkruiddod­ers wat juis die chlorofil aanval om ’n plant dood te maak, geen effek daarop nie. Die draadagtig­e parasiet heg aan blare, stamme of takkies en verloor sy wortels sodra dit vashouplek aan ’n gasheerpla­nt gekry het. Dit plant dan voort met sade of steggies.

Sny dit af net onder die plek waar dit aan die plant geheg is en verwyder dit baie versigtig; dodder sal vinnig weer versprei as jy net ’n klein stukkie agterlaat.

Is dit ’n peperboom?

Rae Douglas van Newcastle skryf Ek wil graag weet of dié boom wat buite ons werkswinke­l groei, ’n peperboom is. As dit is, kan ek die peperkorre­ls oes en gebruik?

JJ antwoord Dis ’n Brasiliaan­se peperboom (Schinus terebinthi­folius), ’n indringer wat nie meer aangeplant mag word nie. Ongelukkig is dit nie die boom waaraan peperkorre­ls groei nie; dit het net ’n peperige reuk. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa