Tuis

Dekordilem­ma

- E-pos kenners@tuis.co.za

Die probleem

Yolandie du Preez van Centurion skryf Ons is raadop met ons groot leefvertre­k! Dis te klein vir ’n oopplan-sit-en-eetkamer en te groot vir net ’n sitkamer. Ons wil graag iets nuuts doen; hoe kan ons dit laat werk? Die oplossing

Renée en Janel van interiorcr­eators.com antwoord Kyk krities na die inhoud van die vertrek. Skep dan funksionel­e ruimtes en vereenvoud­ig die voorkoms met behulp van ’n tema. Ons stel ’n oop, lugtige voorkoms met ’n neutrale palet voor wat jare lank mooi en in die mode sal bly. Hier’s ’n paar wenke: Skep struktuur 1 Vereenvoud­ig die ruimte met vouhortjie­s voor die vensters; dis redelik duur, maar die belegging werd. Veiligheid­shortjies dien ’n dubbele doel deur privaathei­d en ’n ekstra veiligheid­slaag te skep sonder die nodigheid vir diefwering, gordyne of blindings – gaan kyk by windowvert.co.za. 2 Die TV-muur is ’n fokuspunt en verdien dus spesiale aandag. Beklee jou muur met palette – jy kan oues by groentemar­kte optel of nuwes by Mr Shelf koop. Met die paletplank­e effens uitmekaar gespasieer, gee dit jou ’n struktuur waarteen jy sweefrakke kan monteer, ’n TV-stut vassit en prente hang; onooglike elektriese drade en kabels kan maklik daaragter weggesteek word. 3 Los die hout in sy ruwe vorm vir ’n warm voorkoms en verf die omliggende mure in ’n sagte wit soos Evening Mist van Plascon. 4 Voeg tekstuur by deur die muur oorkant die TV met plakpapier te bedek. Kies iets na jou smaak of laat jou eie druk; laai ’n prent by shuttersto­ck.com af en laat druk dit by ’n digitale drukker soos SmartArt in Kaapstad of Print Coverings in Johannesbu­rg; Wallcoveri­ngs Inc het takke in Kaapstad, Johannesbu­rg en Durban. Gee trefkrag 5 Gee ’n bietjie warmte aan die teëlvloer met ’n hennepmat van Coirtex; dit het ’n glyvaste rugkant en word op maat gesny. Maak seker dis groot genoeg dat dit die hele sitgedeelt­e se vloer bedek – rondom die banke en ander meubels; dit sal die ruimte afbaken en verenig. 6 Nou kan jy na gemaklike meubels en stylvolle bykomstigh­ede kyk. ’n Staalgrys driesitple­kbank van MRP Home is ’n goeie keuse, met ’n gemakstoel van @home daarby vir ekstra sitplek. Voeg ’n paar tromstoelt­jies van Coricraft by as neersitple­k vir koppies en glase wanneer nodig. En oorweeg ’n glas-en-houtkoffie­tafel in die middel van die sitgedeelt­e.

 ??  ?? Evening Mist van Plascon Bindi-stoel R1495,
Coricraft VERSKAFFER­S @home 0860 576 576, home.co.za Coirtex 021 762 2227, coirtex.co.za Coricraft 021 914 2001, coricraft.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Mr Shelf 0861 677 435, mrshelf.co.za...
Evening Mist van Plascon Bindi-stoel R1495, Coricraft VERSKAFFER­S @home 0860 576 576, home.co.za Coirtex 021 762 2227, coirtex.co.za Coricraft 021 914 2001, coricraft.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Mr Shelf 0861 677 435, mrshelf.co.za...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa