Tuis

Januarie-flitse

-

Voorspoedi­ge nuwe jaar! 1: 1–10: Die Imperial Ice Stars is terug in die Teatro by Montecasin­o in Johannesbu­rg met Swan Lake on Ice. Dié keer spog hulle met ’n nuwe produksie en uitrusting­s, asook opwindende nuwe choreograf­ie. Kaartjies kos R100–R400 by computicke­t.com. Skakel 0861 915 8000. 1–17: Kom verwonder jou aan die Dinosourus-ekspo by The Pavilion-inkopiesen­trum in Durban. Kaartjies by computicke­t.com kos R95 vir volwassene­s en R65 per kind tussen twee en 14 jaar oud. Skakel 031 265 0558 of e-pos info@thedinoexp­o.com. 2: Geniet plaaslike geur met die Kaapse Klopse as musikante, sangers en dansers in die strate van Distrik Ses en die stadskern baljaar. 13 & 27: Die Stellenbos­ch Street Soirees vind tot einde Maart twee keer per maand plaas. Dis ’n lewendige straatpart­ytjie met gourmethap­pies van plaaslike eetplekke en lekker musiek deur plaaslike kunstenaar­s. Skakel 021 886 4310 of besoek wineroute.co.za. 16: Lê weg by die Burger Festival by die Hamilton-rugbyklub in Kaapstad. Kaartjies is beskikbaar by quicknet.co.za; sien flavourful.co.za.

Februarie-uitgawe van Tuis op die rakke. 18: 21–25: Geniet die lekker somerweer by die Wolfkop Weekender-musiekfees in die Citrusdal-vallei; daar is soveel te doen: Jy kan swem, visvang, in ’n kano vaar, stap, sterrekyk, voëlskyk en braai. Kaartjies kos tussen R550 en R1 450 vir die hele naweek en is beskikbaar by quicknet.co.za. Besoek wolfkopwee­kender.co.za. 28–31: Kies koers Swellendam toe vir ’n heerlike fees, Up the Creek 2016. Geniet lewende musiek, komedie en ’n feestelike atmosfeer. Naweekkaar­tjies kos R900 (geen onder-18’s). Sien upthecreek.co.za. 30: Skud jou vere reg vir die 39ste J&B Met op die Kenilworth-renbaan in Kaapstad met die tema “Made for the Mix”. Kaartjies is beskikbaar by computicke­t.co.za of besoek belugahosp­itality.co.za vir besonderhe­de. 31: Word een met die natuur in die Sani-pas (op die grens van Lesotho) tydens ’n veldblom-wandeling. Kaartjies kos R400 vir ’n 90-minute-stappie en sluit vervoer tot bo-op die pas in. Skakel 033 702 0330 vir bespreking­s, of e-pos info@sanilodge.co.za.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa