Tuis

Koel by die kus

Die dekor in dié gemaklike gesinshuis op Chintsa in die Oos-Kaap is ’n wenkombina­sie van vintage- en industriël­e elemente.

- Deur Marian van Wyk

Toe ’n verwaarloo­sde huis met ’n ongemaklik­e uitleg op ’n heuwel bo ’n strandoord in 2011 op die mark kom, het Sharon en Mickey nie juis belang gestel nie.

Hulle het destyds baie lekker in Oos-Londen gewoon, maar hul vriendin Rosemary Steward het ander planne gehad ...

“Die huis het aan vriende van Rosemary behoort, en sy het voorgestel dat ons gaan kyk,” onthou Sharon. “Toe ons hoor die eienaar gaan dit aan ’n agent oorhandig, het ons besluit om tog ’n draai te maak – en toe koop ons die huis! Nie om in te woon nie; ons wou dit in selfsorgee­nhede omskep en verhuur.”

Min het Sharon geweet dié plek sou diep in haar hart kruip. “Nadat ons sowat drie maande met die opknap besig was, het ek vir Mickey gesê ons moet die huis liewer as gesinshuis vir ons eie behoeftes regruk.” Dit het baie baksteenwe­rk en stof gekos voor die Turners die afgeleefde eiendom ’n huis kon noem, maar Sharon het presies geweet wat sy wou hê en het die nuwe uitleg self so ontwerp dat dit perfek sou wees vir lekker onthaal en gesellige familiekui­ers.

Die opknapproj­ek

Die grootste veranderin­ge was in die kombuis en TV-gedeelte. “Ons moes sewe mure uitbreek om die oopplanrui­mte te skep wat ons wou hê,” verduideli­k Sharon.

Wat eers onprakties­e, afsonderli­ke vertrekke was, vorm nou die hart van hul huis: ’n oopplan-leefruimte met stapeldeur­e wat die fantasties­e see-uitsig tot sy reg laat kom. Daar is ’n gemaklike vloei van die ingang na die kombuis, eetgedeelt­e en agterstoep, asook die formele sitkamer en ’n gemaklike TV-kamer. Al dié leefruimte­s skakel ook met die ruim binne-buitekuier­plekke, die kroeg en potspelkam­er.

“Ons kan die meeste van die tyd al die buitedeure oopgooi, wat die gevoel skep dat jy buite is, al werskaf jy in die kombuis of sit jy in die sitkamer,” sê Sharon.

Altyd met vakansie

Die Turners moet deur ’n strandoord ry om hul huis te bereik, wat bydra tot die vakansiege­voel. “Dis so rustig en ontspanne hier. Ek voel veral of ek met vakansie is wanneer vriende van ver af kom oorbly,” sê Sharon.

Sy’s ’n ywerige tuinier en lief vir lees, en vertel dat hulle naweke meestal by die huis deurbring. Mickey gaan draf graag, terwyl sy hou van stap: “Ons honde is vir ons baie belangrik en ons gaan stap sommer ’n paar keer elke dag met hulle. Hulle is baie bederf!”

Die paartjie hou van onthaal, en vriende en familie kom kuier gereeld. Dan speel hulle Saterdagmi­ddae ’n potjie Scrabble ná ete en kyk rugby. “Dis net so lekker hier. Sedert ons Oos-Londen in 2013 vir Chintsa verruil het, is ons lewe soveel rustiger,” sê Sharon ingenome. “Ek sal nooit my eerste oggend in die nuut opgeknapte huis vergeet nie. Daar was nog nie gordyne voor die vensters nie, en toe ek my oë oopmaak, sien ek ’n walvis uit die water breek. Ons waardeer die afsonderin­g, die stilte en ons rustige leefstyl. Meer kan ek nie vra nie.” Grys en staalstoel­e van Block & Chisel; rooi Globe-stoele van Kim’s Corner; hangligte van Weylandts; rakeenheid deur Stretford Holdings

Ontspanne styl

Al is hulle so naby die see, het Mickey en Sharon tipiese strandhuis­dekor vermy. Hulle het eerder industriël­e elemente en vondste van veilings gekombinee­r met helder kontemporê­re lap en plakpapier om die ontspanne voorkoms te skep wat hulle wou hê.

“My dekorstyl het ontwikkel uit al die huise wat ek en Mickey die afgelope 28 jaar gedeel het. Ons bespreek die detail, maar hy gee my gewoonlik vrye teuels,” sê Sharon. Sy het al hul vorige huise self versier, maar op Chintsa het sy ’n vriendin, Rose McClement van Design Monarchy in Kaapstad, gevra om hand te gee.

Rose en Sharon het saam-saam lap en plakpapier uitgekies wat sou pas by die grys-en-wit kleurskema wat Sharon in gedagte gehad het. So het dié neutrale palet gou spatsels kleur bygekry vir die Skandinawi­es geïnspiree­rde dekor op die grondvloer, en nog meer in die lapa. “Dié ruimte was so droewig, dit het ’n goeie skoot kleur nodig gehad,” lag Sharon. >>

 ??  ?? Sharon het stoele in verskillen­de style vir die eetkamer gekoop, party rooi geverf en ander met vrolike lap laat oortrek.
Sharon het stoele in verskillen­de style vir die eetkamer gekoop, party rooi geverf en ander met vrolike lap laat oortrek.
 ?? • Foto’s Francois Oberholste­r ?? Wit Cemcrete-vloere vorm ’n perfekte basis vir die Turners se kleurvolle dekor. Van die ingang stap ’n mens deur die formele sitkamer na die eetgedeelt­e en kombuis. Vloer deur Concrete Options; Gyro-kandelaber van Pezula Interiors
• Foto’s Francois Oberholste­r Wit Cemcrete-vloere vorm ’n perfekte basis vir die Turners se kleurvolle dekor. Van die ingang stap ’n mens deur die formele sitkamer na die eetgedeelt­e en kombuis. Vloer deur Concrete Options; Gyro-kandelaber van Pezula Interiors
 ??  ?? Sharon het die meeste van haar versamelgo­ed by veilings en plaaslike antiek- en rommelwink­els aangeskaf. Die muurgemont­eerde glaslampe kom nog uit die oorspronkl­ike huis.
Sharon het die meeste van haar versamelgo­ed by veilings en plaaslike antiek- en rommelwink­els aangeskaf. Die muurgemont­eerde glaslampe kom nog uit die oorspronkl­ike huis.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa