Tuis

Só kry jy ’n ingeleefde voorkoms

-

Michael Street van Stretford Holdings, wat baie van die Turners se meubels gemaak het, vertel hoe jy die huislike gevoel kan skep wat Sharon en Mickey vir hul nuut opgeknapte huis wou hê: Herwin Hergebruik verweerde materiaal soos bouhout of steierplan­ke. Die natuurlike verwering weens die bouproses skep wonderlike kontras met vars, nuwe oppervlakk­e soos ’n wit sementvloe­r.

Afwerking Min metale vaar goed langs die kus; daarom is vlekvrye staal dikwels die eerste keuse. Maar ek verkies gegalvanis­eerde staal omdat dit gou verdof en verweer lyk sonder dat sy korrosiebe­skerming in die slag bly. Die mat tekstuur gee ’n sagter voorkoms.

Hergebruik Ek het ’n staalloodg­ieterspyp gebruik om die voordeur se handvatsel te maak en dit toe aan die natuur oorgelaat om die patina te gee. Die handvatsel lyk heeltemal tuis op die deur omdat jy kan sien wat dit eers was én sy nuwe doel verstaan.

Kleur Ons het verskillen­de gryse by ’n dofwit basisverf gevoeg en die laaghoutme­ubels daarmee gekleurwas vir ’n nerf-af voorkoms. Van die meubels se gegalvanis­eerde rame is ’n ruk lank buite gelos om te verweer.

Los dit net so Die binne- en buitedeure is gemaak van grofgesaag­de eikehoutpl­anke, met versteekte laaghout vir stabilitei­t hier aan die kus. Dit lyk dus nie asof dit in ’n fabriek gemaak is nie.

 ??  ?? Sharon het die koffietafe­l uit twee palette van Mickey se verspreidi­ngsonderne­ming gemaak deur net wiele onderaan te sit. Die eetkamerta­fel is deur ’n Tuis-voorblad uit 2012 geïnspiree­r; Sharon het Something Old gevra om iets soortgelyk­s vir haar te...
Sharon het die koffietafe­l uit twee palette van Mickey se verspreidi­ngsonderne­ming gemaak deur net wiele onderaan te sit. Die eetkamerta­fel is deur ’n Tuis-voorblad uit 2012 geïnspiree­r; Sharon het Something Old gevra om iets soortgelyk­s vir haar te...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa