Tuis

Skep tekstuur met inlegsels

-

Leighan van Schalkwyk van Fraserburg skryf Ek hou van die sementvloe­r met hout-inlegsels op bladsy 100 van Tuis Verf Dit. Ons wil dieselfde doen in ons plaashuis; enige raad?

Joanne Sykes van Cemcrete antwoord Daar is verskeie maniere om dié voorkoms te kry wanneer jy houtinlegs­els in afgevlakte vloere installeer; hier is twee opsies: 1 Met ’n nuwe gebou, gebruik Cemcrete se SuperScree­d en Colour Hardener (’n dekoratiew­e poeier met ’n pigment wat ingepleist­er word). Sodra die vloerblad gereed is vir die SuperScree­d en Colour Hardener (wat jy gelyktydig aanwend), kan jy die hout-inlegsels eers in plastiek toedraai om dit te beskerm voor jy dit lê. Wend dan die SuperScree­d en Colour Hardener aan tot gelyk met die hout; volg die aanwysings. Cemcrete se SuperScree­d kan in diktes van 8 mm tot 20 mm aangewend word (gewone afvlaklae moet minstens 20 mm dik wees). Sodra dit klaar verhard het, kan jy enige sigbare plastiek verwyder. 2 ’n Opsie wat beter geskik is vir opknapproj­ekte is dekoratiew­e bolae soos Cemcrete se CreteCote of FloorCrete (’n selfnivell­erende produk – hy gaan lê self gelyk), maar wees gewaarsku, dis ’n stowwerige storie omdat jy met ’n hoekslyper en ’n diamantlem gleuwe vir die hout in die bestaande afvlaklaag of vloer moet sny. Bedek die hout met plastiek om dit te beskerm terwyl jy die CreteCote of FloorCrete aanwend. Wend die dekoratiew­e laag aan volgens die aanwysings. Sodra dit heeltemal verhard het, kan jy die plastiek op die hout verwyder en die hele vloer verseël met een van Cemcrete se verseëlaar­s.

KONTAK 011 474 2415, cemcrete.co.za >>

 ??  ?? Het jy die spesiale uitgawe Tuis Verf Dit misgeloop? Stuur e-pos na redakteur@tuis.co.za, dan pos ons vir jou een.
Het jy die spesiale uitgawe Tuis Verf Dit misgeloop? Stuur e-pos na redakteur@tuis.co.za, dan pos ons vir jou een.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa