Tuis

“Was” met verf

-

June Ferreira van Centurion skryf Ek is mal oor die kleurwaste­gniek met verf, maar is onseker hoe die voorkoms verkry word. Kan julle asseblief vir my stap vir stap verduideli­k hoe ek dit met Plascon-verf kan doen?

Lisa Spaarwater van Lemon & Lilac antwoord Die kleurwaste­gniek (“colourwash­ing”) is ongelukkig nie ’n paar vinnige stappe nie; dis ’n redelik gevorderde tegniek. Maar moenie dat dit jou afskrik nie, wees net geduldig en gee jouself genoeg tyd. 1 Verf die muur (wat reeds met ’n wit onderlaag voorberei is) egalig met twee lae Plascon Double Velvet – ek hou van die kleur Landing (E15-2) of French Chartreuse (Y5D2-3) as basis vir ’n grys voorkoms. 2 Maak nou die kleurwasme­ngsel aan: 500 ml newelglasu­ur (“scumble glaze”), 250 ml waterbasis­verf en 250 ml water. Op ’n warm dag kan jy meer newelglasu­ur gebruik. Die newelglasu­ur hou die verf vir langer nat, wat jou kans gee om die verf oor die muur te smeer tot jy tevrede is met hoe dit lyk. Vir ’n aardse of warm kleur, kies Plascon Sawmill (E15-6) en probeer Plascon Paris Paving (GR-Y09) vir ’n gryser muur. 3 Maak seker jy het sponse, lappe en ’n lekker groot kwas. Bedek die vloer met plastiek, want dit kan morsig raak. Begin links bo teen die muur – doop ’n groot spons in die mengsel en smeer dit met sirkelbewe­gings aan die muur. Gebruik ’n klein kwas om die mengsel netjies in die hoeke in te sny. 4 Neem nou ’n groot, sagte, droë kwas en vee liggies oor die verf in verskillen­de rigtings om ’n sagter effek te verkry sodat jy nie kwas- of sponsmerke op die muur sien nie. Dis beter as twee mense saamwerk; span sommer vir manlief in. WENKE • Behou altyd ’n nat “rand” sodat die verf nie te vinnig droog word nie en jy ’n egalige voorkoms kan kry. • Hierdie verftegnie­k sal enige gebreke op die muur uitwys, so jy sal ongelukkig nie merke en krake kan wegsteek nie. Dit kan wel tot ’n interessan­te effek lei! • Een liter Plascon Double Velvet sal ongeveer 8 m² dek, terwyl die aangemaakt­e kleurmengs­el hierbo sowat 20 m² sal dek.

KONTAK lemonlilac.co.za

Dié tegniek sal goed werk met enige PVA-verf van goeie gehalte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa