Tuis

Honde wat byt

-

Pikkie Myburgh van Kimberley skryf Tydens ’n kinderpart­ytjie by my huis het my drie jaar oue labrador, wat agter tralies toegemaak was, ’n kleuter gebyt. My vier kleinkinde­rs speel redelik rof met hom en hy het nog nooit eens vir hulle gegrom nie. Hoekom sou hy dit doen?

Dr. Elize van Vollenhove­n van die SuidAfrika­anse Veeartseny vereniging antwoord Daar kan verskeie redes wees waarom jou hond die kind gebyt het: moontlik omdat hy haar nie geken het nie; dalk het sy iets gedoen wat hy nie verwag het nie, of miskien was hy onseker omdat daar so baie kinders was. Kleingoed wat skreeu en rondhardlo­op kan honde erg ontsenu of baie opgewonde maak, wat tot aggressie kan lei. Ek het ongelukkig te min inligting om die spesifieke geval behoorlik te evalueer.

Kinders moet van kleins af geleer word om honde te respekteer en “hondetaal” te verstaan. Ook dat hulle nie te na aan ’n (vreemde) hond moet kom nie; die hond moet na die kind toe gaan wanneer hy gemaklik voel. Diere is ook minder angstig as hulle kan voorspel wat gaan gebeur – hy ken byvoorbeel­d jou kleinkinde­rs en weet wat om van hulle te verwag.

Honde byt of knor gewoonlik wanneer hulle meer afstand tussen hulle en ’n persoon of ander diere wil hê. Dis hul manier van kommunikee­r; hoe hulle vra dat mense of ander diere moet wegbeweeg. Hul liggaamsta­al kan die volgende behels: Die stert sal hang, hare kan orent staan, die kop of lyf sal sak, hy lek sy lippe of neus, draai sy kop weg, knor, gaap, gaan staan stokstil, die ore sak, speeksel loop, hy lig een van sy pote, of wys tande. Ongelukkig verstaan en reageer min mense op “hondetaal” en beweeg dan nie weg van die dier af nie. Dis dan wanneer ’n hond kan byt om die nodige ruimte te kry.

ONTHOU Ek beveel gewoonlik aan dat honde (veral groot honde) tydens kinderpart­ytjies toegemaak word. Beloon hom met ’n kouding van ongebreide vel sodat hy besef hy word nie gestraf nie. Sê vir die kinders om glad nie na die hond toe te gaan nie. As die kinders te klein is om te verstaan, sluit eerder die hond toe waar die kinders nie eens van hom bewus sal wees nie. Dit is ook vir die dier se beskerming, want nie alle kinders word met diere groot nie en kan troeteldie­re onwetend beseer.

KONTAK savc.org.za

WEN!

Die eienaars van die diere wat op dié blad verskyn, wen’ n middelslag K 9 Castle vir honde of middelslag­Cupcakebed vir katte van Wag World (wagworld.co.za). Die K9 Castle gee aan honde puik ondersteun­ing vir snoesig opkrul, terwyl katte en klein honderasse die Cupcake-bed onweerstaa­nbaar vind. Stuur jou foto’ s( minstens 2 M Bg root) en kontakbeso­nderhede na troeteldie­re@tuis.co.za – dalk is jou dieremaat ook ’n wenner! Sien ons kompetisie­reëls op bladsy 128.

 ??  ?? Trots Suid-Afrikaans!
Trots Suid-Afrikaans!
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa